Deur Christus wat jou krag gee

Deur Christus wat jou krag gee

“Ek kan alles doen deur Hom wat my krag gee.” —Filippense 4:13 NLV

Filippense 4:13 is ‘n gewilde vers en word baie buite konteks aangehaal. Dit sê: “Ek kan alles doen deur Hom wat my krag gee”. Dit beteken nie jy kan net enigiets doen wat jy op besluit net omdat jy dit wil doen nie. Paulus het spesifiek gepraat van hoe hy instaat was om, deur die krag van Christus, tevredenheid te ervaar al het sy omstandighede sleg gelyk.

Ek glo dat deur God se genade, kan ons enigiets doen wat ons moet doen in die lewe. Ek dink dit is ‘n gemoedstoestand en denkpatroon wat ons moet hê. Daar is niks wat te veel is vir jou as jy op God vertrou nie. Jy kan enigiets hanteer wat na jou kant toe kom omdat God belowe het dat Hy nooit meer op ons sal plaas as wat ons kan hanteer nie.

So behou ‘n positiewe gesindheid maak nie saak waar jy nou is nie, maak nie saak wat tans in jou lewe aangaan nie.

Wees vrolik – God is aan jou kant. Hou op om ontsteld te raak oor dinge waaraan jy niks kan doen nie. God wil hê jy moet weet dat Hy ‘n individuele plan vir jou lewe het, en Hy wil hê jy moet Sy unieke plan aanvaar en dit nie vergelyk met ander mense s’n nie.

Jy moet op God vertrou dat Hy beter weet wat jy nodig het en wat jy kan hanteer as jy self. Hy ken jou mos beter as wat jy jouself ken!


Gebedsbeginpunt

Here, soos Paulus, wil ek hê my tevredenheid moet van U kom, nie van my omstandighede nie. Wys my elke dag dat U plan vir my is perfek en dat ek nie bekommerd hoef te wees nie.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon