“Wees versigtig! Pas op vir die duiwel se aanvalle. Hy is julle groot vyand. Hy loop rond soos ’n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind.” —1 Petrus 5:8 NLV
God het ‘n plan vir jou lewe, maar die duiwel het ook ‘n plan vir jou lewe. As gevolg daarvan, sê die Bybel ons moet versigtig, nugter en waaksaam wees (1 Petrus 5:8 AFR53) ten alle tye. Ons moet ten alle tye so leef. Dit is baie ernstig.
Maar ons moet ernstig wees om die vyand af te weer. Wanneer ookal God vir jou ‘n area in jou lewe wys waar die vyand jou aanval, is nou nie die tyd om agteroor te sit en niks te doen nie. Dit is tyd om ernstig te raak en terug te baklei teen Satan.
God se plan is vir ons om meer as oorwinnaars in Christus te wees. Ons hoef nie vasgevang te word in die vyand se plan nie. Jy kan besluit om nou te doen wat jy moet doen. Raak ernstig met God en volg die prikkels van die Heilige Gees, en wees op jou hoede vir die vyand.
Kies vandag om God se plan vir jou lewe te volg, nie Satan s’n nie, en jy sal die vyand verslaan om elke hoek en draai.
Gebedsbeginpunt
God, ek kies U plan en nie die vyand s’n nie. Wys my die areas waar hy my aanval en lei my om hom te verslaan.