Die ware toets van geestelike volwassenheid

Die ware toets van geestelike volwassenheid

“Vir mense wat met Christus verenig is, is dit nie belangrik of jy besny is of nie besny is nie. Wat egter wel belangrik is, is geloof wat deur liefde dade word.” —Galasiërs 5:6 NLV

Meer as enigiets anders, wil God hê dat ons ‘n werklike, suiwer, passievolle liefde vir Hom en ander moet hê. As ons net een ding in ons lewens kan hanteer, dan moet dit liefde vir ander mense wees.

Baie mense dink dat groot geloof die nommer een teken van geestelike volwassenheid is. Maar ek glo dat om in liefde te wandel, is die werklike toets van geestelike volwassenheid en ek weet dat dit ons geloofswandel energie gee en versterk.

Die Bybel leer ons dat geloof werk deur liefde. Galasiërs 5:6 sê dat wat werklik saak maak, is dat geloof geaktiveer word en uitgeleef word deur liefde. Liefde is nie net wat ons sê of ‘n teorie nie, maar dit is ‘n aksie.

Om te probeer stap in geloof sonder liefde is soos om ‘n flitslig te hê sonder ‘n battery. Ons moet ons “liefdes battery” gelaai hou ten alle tye, anders gaan ons geloof nie werk nie! Ek glo dat Christene in soveel probleme in hardloop as hulle nie ywerig die liefde najaag as ‘n belangrike deel van hul geloof en verhouding met God nie.

So, jaag ‘n lewe van liefde na en kyk hoe jou geloof versterk en groei. Wanneer God se liefde eerste kom, sal alles volg.


Gebedsbeginpunt

God, ek weet dat my geloof niks beteken sonder liefde nie. Help my om ‘n lewe te leef wat oorvloei van U liefde. Lei my om U liefde te ontvang en dit te gee aan ander.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon