Gaan daagliks dood in jouself

Gaan daagliks dood in jouself

“Ek sterf dag vir dag, broeders, so waar as ek op julle roem in Christus Jesus, onse Here.” —1 Korintiërs 15:31 AFR53

Selfsugtigheid is nie aangeleerde gedrag nie – ons is so gebore. Maar wanneer ons Jesus as ons Verlosser aanneem, kom leef Hy in ons gees en leer ons hoe om daagliks in onsself “dood te gaan” en om die leiding van die Heilige Gees te kan volg sodat ons dit kan oorkom.

Dit mag dalk nooit heeltemal weggaan nie, maar die Groter Een wat in ons leef help ons om dit daagliks te oorkom (sien Galasiërs 5:16).

Nou ek het self nog nie heeltemal selfsugtigheid oorkom nie, en ek twyfel of enigiemand al het. Selfs die apostel Paulus, een van die wonderlikste Christene wat ooit geleef het, het dit moeilik gevind om selfsugtigheid te oorkom. Om te leer hoe om selfsugtigheid te oorkom was vir hom ook ‘n proses, net soos vir ons almal. Hy het gesê dat hy elke dag moes “sterf”.

Ons word geroep om dieselfde lewe te leef omdat ons nie selfsugtige lewens kan leef en verwag om ‘n verskil te maak nie. Ons moet in onsself doodgaan elke liewe dag. Dit is nie gewoonlik maklik om te doen nie, maar God sal ons altyd Sy genade gee om te doen wat reg is as ons op Hom steun. En die waarheid is, om ‘n onselfsugtige lewe te leef is die beste manier om meer geregtigheid, vrede en vreugde elke dag te hê!


Gebedsbeginpunt

Here, ek is nie perfek nie, maar ek weet ek kan in myself doodgaan elke dag, soos U my die krag gee om dit te doen. Wys my hoe om selfsugtigheid te oorkom sodat U U lewe deur my kan leef.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon