God sal jou reis lei

God sal jou reis lei

“Die Here bepaal die rigting van ’n mens met wie se lewe Hy tevrede is”. —Psalm 37:23 NLV

Die Christen lewe kan vergelyk word met ‘n reis. Die Heilige Gees is ons gids…Hy lei ons daagliks. En Hy is altyd besig om ons te lei na wat beste vir ons lewens is. Die sleutel tot ‘n suksesvolle en genotvolle reis is om Hom te volg.

Maar wat beteken dit om God te volg? Basies beteken dit om gehoorsaam aan Hom te wees, om Sy leiding te volg en te doen wat Hy sê.

Soveel keer probeer ons God vooruit gaan. Ons mag dink ons weet wat die beste rigting is om te vat of ons raak ongeduldig met Sy tydsberekening en maak ‘n verkeerde draai want dit lyk vinniger. Die probleem is dat wanneer ons dan besef dié pad loop uit op ‘n doodloop, moet ons al die pad weer terug gaan na waar ons van koers afgedwaal het.

Die goeie nuus is dat God daar is, Hy wag om weer die leiding te neem en ons die regte pad te wys.

Die Here het elkeen van ons reise so perfek beplan. Ons moet ten volle verstaan dat Hy ons lief het, dat Hy goed en regverdig is, en dat ons Hom kan vertrou.

Ons kan Hom vertrou om ons te lei in die rigting wat reg is vir ons. Ons kan Hom vertrou om ons te korrigeer wanneer ons die pad byster raak en ons dan terug te lei na die regte pad. Ons kan Hom vertrou met ander op ons pad. Ons kan Hom vertrou met ons lewens…punt.

Volg die Heilige Gees se leiding, want Hy ken die pad en Hy sal altyd met jou wees. Vertrou Hom om jou te lei na al die goeie dinge wat Hy vir jou lewe beplan het lank voor jy nog gebore was. En geniet die reis.


Gebedsbeginpunt

God, U Woord sê dat U die rigting bepaal van die mens met wie U tevrede is. Ek vertrou dat U my sal lei op die reis wat U vir my het, en ek weet dat as ek die pad byster raak, dat U daar sal wees om my te help en weer aan te gaan.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon