Haal God uit die “slegs in noodgevalle” boks uit!

Haal God uit die “slegs in noodgevalle” boks uit!

“Besef julle nie dat julle almal saam die tempel van God uitmaak en dat die Gees van God in julle as sy tempel woon nie?” —1 Korintiërs 3:16 NLV

Ek het altyd slegs tyd met God spandeer so elke dan en wan, of wanneer my lewe in groot moeilikheid was. Na ‘n ruk het ek begin leer dat as ek regtig wil ophou leef van noodgeval tot noodgeval, dat ek God elke dag moet soek asof ek Hom elke dag desperaat nodig het.

Dit is waar dat God ons altyd sal help as ons na Hom toe kom. Maar as ons konstant in oorwinning wil leef, moet ons God uit die “slegs in noodgevalle” boks uithaal en Hom uitnooi om deel van ons daaglikse lewe te wees.

God wil hê ons moet persoonlik raak met Hom. Hy bewys dit aan ons deur die feit dat Hy binne ons woon.

Toe Jesus aan die kruis gesterf het, het Hy die pad oopgemaak vir ons om persoonlik met Vader God te raak. As God wou gehad het dat ons ‘n “slegs in noodgevalle” verhouding met Hom moes hê, so Hy net nou en dan opgedaag het. Maar Hy het gekom om permanent binne ons te kom woon.

Wat ‘n wonderlike gedagte! God is jou persoonlike vriend! Sal jy Hom vandag nog uithaal uit jou “slegs in noodgevalle” boks uit?


Gebedsbeginpunt

Here, ek weet dat die Christen lewe soveel meer is as net ‘n “noodgevalle” plan. Omdat U binne my leef, wil ek U leer ken as my persoonlike vriend. Eerder as om net U naam uit te roep in noodgevalle, ek wil U elke dag soek.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon