“Ons leef wel in ’n menslike liggaam, maar ons voer die stryd nie met menslike middele nie.” —2 Korintiërs 10:3 NLV
Deur versigtige strategie en listige bedrog, probeer Satan oorlog verklaar teen jou en probeer hy jou in ‘n gedagtegang hou van nederlaag. Maar het God het vir ons geestelike wapens gegee om teen hom te gebruik. Hier is drie hoof geestelike wapens wat jy kan gebruik om die vyand aan te val:
- God se Woord: Ontvang dit deur preke, lering, lees en persoonlike Bybelstudie. Hou aan in die Woord totdat dit openbaring word wat gegee word deur inspirasie van die Heilige Gees.
- Lof: Hierdie verslaan die vyand vinniger en meer effektief as enige ander oorlogsplan, maar dit moet werklike, hartlike lof wees en nie net lippe taal of ‘n godsdienstige ritueel nie.
- Gebed: Gebed is verhouding met God, dit is kommunikasie met Hom, vra Hom vir hulp of praat met Hom oor enigiets wat op jou hart is. Dit sluit ook in om stil te wees in God se teenwoordigheid en om te luister as Hy met jou hart praat. Om ‘n effektiewe gebedslewe te hê, moet ons ‘n intieme verhouding met die Vader bou. Weet dat Hy jou lief het en dat Hy jou wil help.
Daar is ‘n oorlog aan die gang maar God baklei aan jou kant en gee vir jou die wapens wat jy benodig. Gebruik dit om Satan die boenders in te jaag!
Gebedsbeginpunt
Here, baie dankie dat U vir my die geestelike wapens gegee het om teen my vyand te baklei. Met U hulp, weet ek dat ek vandag die oorlog kan wen!