““Ek ken jou nog voordat jy gevorm is in die skoot van jou moeder. Voor jou geboorte al het Ek jou gekies en aangestel om namens My te praat met die nasies van die wêreld.” —Jeremia 1:5 NLV
Voel jy ooit asof God teleurgesteld is in jou? Ek het altyd so gevoel totdat Hy eendag vir my gesê het: “Jy weet Joyce, jy is nie vir My ‘n verrassing nie. Ek het geweet wat Ek kry toe Ek jou kry.”
Dink daaraan! God het die begin en die einde geken en elke dag van ons lewens is in Sy boek opgeskryf. Elke besluit wat ons ooit gaan maak, goed of sleg, God weet alreeds voordat ons ooit op planeet aarde opgedaag het. Hy weet reeds vandag elke woord wat uit ons monde gaan kom – selfs al sê ons dit eers oor ‘n jaar van nou af.
Somtyds dink ons God is konstant teleurgesteld in ons. Dit is waar dat ons foute maak. En ons moet dit nie ligtelik opneem nie – ons moet ernstig aandag daaraan gee. Maar ten spyte van ons foute, het God hoop vir ons en Hy weet dat Hy ons kan verander as ons naby aan Hom bly.
God is nie teleurgesteld nie. Hy is vol hoop as dit by ons kom! Hy glo in ons meer as wat ons self doen.
Gebedsbeginpunt
Here, U hoop vir my is so bemoedigend en inspirerend. Selfs al glo ek nie in myself nie, ek weet U doen en dit gee my die krag om oor my foute te kom en U net te volg.