“Daarop het Jesus gesê: “Vader, vergewe hulle, want hulle besef nie wat hulle doen nie!” Hulle het ook sy klere verdeel deur die lot te werp.” Lukas 23:34 NLV
Ek het een keer gehoor van ‘n tiener wat gedrink het en ‘n ongeluk veroorsaak het waarin ‘n man se vrou en kind dood is. Die man het geweet God wil hê hy moet die jong man wat die ongeluk veroorsaak het vergewe, en deur baie gebed was hy in staat om om die liefde van God te laat vloei deur hom.
Dié man het geweet hoe om te vergewe soos Jesus. Hy het verstaan dat die jong man self ook seer gehad het en genesing nodig gehad het.
As mense ons seermaak, moet ons leer om te kyk na wat mense aan hulself gedoen het in plaas daarvan om net te dink aan wat hulle aan ons gedoen het, want seer mense maak mense seer. Gewoonlik wanneer ‘n persoon iemand anders seermaak, maak hy homself eintlik baie meer seer en ly dan as gevolg daarvan.
Dit is hoekom, terwyl Hy aan die kruis in soveel pyn gehang het, het Jesus van Sy moordenaars gesê: “Vader vergewe hulle, hulle besef nie wat hulle doen nie”.
Dit is ongelooflike vergifnis. Laat dit jou vandag inspireer. Ons het almal nodig om te vergewe soos Jesus.
Gebedsbeginpunt
Here, wanneer mense my seermaak, help my om deur my eie pyn te sien en hul pyn te sien. Help my om lief te hê en te vergewe soos Jesus.