Maak jou vyande vry

Maak jou vyande vry

“As mense julle oor julle geloof vervolg, moenie ’n vloek oor hulle uitspreek nie, maar vra God om hulle te seën.” —Romeine 12:14 NLV

Wanneer ons met seer uit die verlede werk, weet ons dat dit reg is om te vergewe, selfs al is dit moeilik. Maar, min van ons neem die volgende stap wat God wil hê ons moet neem.

‘n Groot wanopvatting is dat al wat ons moet doen is om ‘n besluit te maak om te vergewe en dan is ons werk gedoen, maar Jesus het ook gesê dat ons dié wat ons vervloek moet seën en moet bid vir die wat ons seermaak (Lukas 6:28). In Romeine 12:14 sê dit ook dat ons nie ‘n vloek oor mense moet uitspreek nie maar God moet vra om hulle te seën.

Ons moet ons vyande seën. God roep ons om genade aan mense te gee wat dit nie verdien nie. Hoekom?

Wanneer jy vergewe, maak dit ‘n deur oop vir God om jou te genees, maar om eerlik te wees, dit doen nie baie vir die persoon wat jou seergemaak het nie. Maar wanneer jy hulle seën, vra jy die Here om waarheid na hulle te bring sodat hulle omvergifnis kan vra en die ware vryheid wat net Hy bied te kan ervaar. Vergifnis maak jou vry, seën maak jou vyande vry.


Gebedsbeginpunt

Here, ek dank U dat U my help om in vergifnis te stap, maar ek wil nie daar stop nie. Ek vra dat U die wat my seergemaak het seën. In dieselfde manier wat U genesing in my lewe gebring het, bring asseblief genesing na hulle sodat hulle U goedheid en liefde kan ervaar.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon