Meer as oorwinnaars

Meer as oorwinnaars

“Tog is ons ten spyte van al hierdie dinge besig om ’n klinkende oorwinning te behaal – deur Christus wat sy liefde so duidelik aan ons bewys het.” Romeine 8:37 NLV

God gee ons drome vir die toekoms, maar somtyds kan daardie drome onmoontlik lyk. Dit is wanneer vrees inskop.

As jy vasbeslote is om nooit op te gee op jou droom nie, dan moet jy kanse vat – jy moet baie dapper wees. En jy moet verstaan dat dapperheid is nie die afwesigheid van vrees nie; dit is om deur te druk selfs al voel jy bang. So wanneer jy in situasies kom wat jou bedreig of intimideer, bid vir God se genade dat jy moed sal kry sodat jy vorentoe beweeg al voel jy vrees.

Die gees van vrees sal altyd probeer om jou te weerhou van vorentoe beweeg. Die vyand het vrees al vir eeue gebruik om mense te probeer stop en hy gaan nie sy strategie nou verander nie. Maar jy kan vrees klop omdat jy meer as ‘n oorwinnaar is deur Christus wie ons lief het.

Ek wil jou aanmoedig om vasbeslote te wees om teen vrees te staan as dit teen jou kom. Staan vas, vertrou op God en weet dat Hy is altyd met jou.


Gebedsbeginpunt

God, selfs al voel is bang, glo ek U Woord, wat sê dat ek meer as ‘n oorwinnaar is. Ek kan enige droom bereik wat U my gegee het want U het my lief en gee my die oorwinning.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon