Om die vrees aan ‘n gebrek te oorkom

Om die vrees aan ‘n gebrek te oorkom

‘’Omdat Christus Jesus dit verdien het, sal my God uit sy heerlike rykdom vir julle voorsien in elke behoefte wat julle het.’’ – Filippense 4:19 NLV

Die vrees aan ‘n gebrek is een van die grootste vrese van die mens. Dit is die vrees dat daar nie aan jou behoeftes voldoen word nie – dat jy nie genoeg hulpbronne het nie en dat God nie betyds vir jou sal deurkom nie.

Miskien verkeer jy in ‘n posisie waarin jy nog nooit tevore was nie, met ‘n desperate behoefte aan finansies of ander hulpbronne om bloot in jou basiese behoeftes te voorsien. Miskien het jy ‘n emosionele of geestelike gebrek. Die gees van vrees val jou miskien aan en sê dat God nie in jou behoeftes kan voorsien nie en dat jy dit nie sal maak nie.

Jy moet vandag weet dat die vyand ‘n leuenaar is en dat God omgee vir jou situasie. Hy het ‘n plan en Hy werk namens jou om te voorsien wat jy op die regte tyd benodig. Selfs as dit lyk asof niks na jou kant kom nie, God weet altyd hoe om wonderbaarlik te voorsien.

Wat ook al jou behoeftes is – finansieel, fisies, emosioneel, geestelik – jy hoef nie aan ‘n gebrek van iets  te vrees nie. God sal vir jou sorg, jou vertroos, jou voed en jou terugbring na ‘n plek van krag. Vertrou in Sy voorsiening.


Gebedsbeginpunt

Here, U Woord sê dat U in al my behoeftes sal voorsien, dus sal ek nie ingee aan die vrees vir ‘n gebrek nie. Ek glo dat U my liefhet en dat U sal deurkom vir my en sal voorsien.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon