Saai en maai

Saai en maai

“Moenie ’n fout maak nie. God laat nie met Hom spot nie: Wat mense saai, sal hulle ook maai! ” Galasiërs 6:7 NLV

Die skrif sê baie duidelik vir ons dat ons alles sal maai wat ons saai. Dit praat letterlik van boerdery en om gewasse te plant. Meeste mense weet dat dit ook van toepassing is op vrygewigheid en om geld te gee. Maar het jy geweet dat hierdie beginsel ook van toepassing is op die manier wat ons ander mense hanteer?

Ons houding en woorde is “saad” wat ons elke dag saai, wat bepaal watter vrug of oes ons gaan hê in ons omstandighede en verhoudings.

Die duiwel is so lief daarvoor om ons besig te hou om selfsugtig te dink, waar ons vriende wat lojaal is behandel asof hulle nie belangrik is nie, waar ons woorde van twis saai in ons families en negatiewe gedagtes dink oor ons baas, pastoor ensovoorts.

Die duiwel wíl hê dat ons slegte saad in elke verhouding en omstandigheid moet saai.

Soveel mense leef so en dan wonder hulle hoekom mense nie van hulle hou nie of hulle behandel op die manier wat hulle behandel word. Die antwoord is eenvoudig: hulle maai wat hulle gesaai het!

Kom ek vra jou vandag, wat saai jy? Met God se genade, maak die keuse om vandag liefde, vergifnis, vriendelikheid en geduld te saai in elke verhouding en situasie. Jy sal agterkom dat as jy mense behandel soos jy behandel word, dan sal jy ‘n lewe oes gevul met bemoediging, goddelike verhoudings en bevredigende resultate.


Gebedsbeginpunt

Heilge Gees, ek wil goeie dinge saai en goeie dinge maai. In plaas daarvan om selfsugtig teenoor ander te wees, help my om vriendelikheid en liefde in my verhoudings en al die mense in my lewe te saai.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon