‘’As God koning is in ons lewe, gaan dit nie om wat ons eet of drink nie; dit gaan daarom dat ons reg sal lewe en die vrede en die blydskap sal vertoon wat die Heilige Gees in ons bewerk.’’ – Romeine 14:17 NLV
Romeine 14:17 definieer die Koninkryk van God as ‘n lewe van goedheid, vrede en vreugde in die Heilige Gees. Ons moet Sy koninkryk soek, maar baie mense spandeer hulle lewe op soek na allerlei ander goed. As dit kom by geregtigheid, vrede en vreugde, het hulle niks nie omdat hulle agter ander dinge aanjaag. Ek het vroeër gedink dat as ek allerhande wêreldse dinge gehad het, ek my nie hoef te bekommer nie en dat my lewe vreedsaam sou wees, maar dit maak nie saak hoeveel voordeel ek getrek het nie, dit het nooit regtig vrede gebring nie. Ware vrede spruit uit een met God. Dit is belangrik vir ons om dit te verstaan, want ek dink ‘n groot meerderheid Christene spandeer hul hele lewe lank aan verkeerde dinge, wanneer ons ware skat in Jesus is. So waarna soek jy vandag? Wat is jou skat? Wêreldse dinge sal jou uiteindelik ontevrede laat, maar as jy na God en Sy geregtigheid, vrede en vreugde soek, kan jy ‘n volkome bevredigende en vervullende lewe ervaar soos wat God wil hê jy moet. Volg Hom vandag.
Gebedsbeginpunt
Here, ek besluit vandag om op te hou om wêreldse dinge na te streef wat nie kan bevredig nie. Ek wil een wees met U, daarom soek ek U geregtigheid, vrede en vreugde