“’n Mens se sondige geaardheid wil dinge doen wat teen die Gees is, en die Gees wil dinge doen wat teen jou sondige geaardheid is, want hulle is mekaar se vyande. Julle kan dus nie sommer maar net alles doen wat julle wil nie.” Galasiërs 5:17 NLV
Om suksesvol te wees om God se wil vir ons lewens te vervul, moet ons ‘n vasbeslotenheid hê. Een definisie van vasbeslotenheid is om “die geskil uit te sorteer deur ‘n gesaghebbende besluit of uitspraak”. Hierdie definisie bemoedig my want ek maak “uitsprake” baie keer as ‘n manier om my vasbeslotenheid te bou in sekere areas.
Byvoorbeeld, as ek moeg is en versoek word om jammer te voel vir myself vir een of ander rede, sê ek vir myself: o nee jy gaan nie! Hou op met jou klaery en staan op! God het my lief en ek kan alles doen deur Christus wat my krag gee!
Galasiërs 5:17 sê dat die vlees en die gees nie oor die weg kom nie. Onthou, die definisie van vasbeslotenheid is die idee dat die geskil uitgesorteer word. Dit is belangrik omdat sodra jy jouself vir iets gaan vasmaak, gaan jy die oneindige geskil tussen jou vlees en gees moet uitsorteer.
Jy mag dalk nie altyd lus voel om vasbeslote te wees nie, maar moenie moed opgee nie anders is jy buite God se wil. Wanneer jy versoek word om op te gee, maak “uitsprake” gebaseer op God se Woord, bemoedig jouself om vasbeslote te bly en sorteer die geskil uit tussen jou gees en vlees soos jy Sy plan volg.
Gebedsbeginpunt
Heilige Gees, ek wil die geskil tussen my vlees en gees uitsorteer, en ek kan dit nie doen sonder vasbeslotenheid nie. Bekragtig my en gee my die regte uitsprake om my aan die gang te hou sodat ek nooit opgee nie.