Stig jouself op!

Stig jouself op!

“Dit is waarom ek jou daaraan herinner om die geestelike gawe, wat God jou gegee het toe ek jou die hande opgelê het, soos ’n vuur aan te blaas.” —2 Timoteus 1:6 NLV

God se liefde is onvoorwaardelik en ewig. Ek onthou hoe verwonderd en opgewonde ek was toe God Sy liefde vir my openbaar het. Ek het gevoel asof ek kan bars!

Maar na ‘n tydjie het ek gewoond geraak aan die feit dat God my lief het en ek het nie dieselfde passie gevoel nie.

Het dit al ooit met jou gebeur? Ervaar jy dit nou? Indien so, ek glo daar is iets wat jy daaromtrent kan doen.

Paulus het vir Timoteus gesê om homself op te stig, om die vuur aan te blaas en weer te herwin wat hy voorheen gehad het. Paulus se boodskap aan Timoteus is God se boodskap aan jou vandag: Stig jouself op! Hou op om moeg te leef van “dieselfde ou dinge”.

Ons moet hierdie onthou: Ons maak die besluit om die lewe aan te pak met passie, voordat dit ‘n gevoel word.

So maak ‘n besluit vandag om elke oggend op te staan en opgewonde te wees oor die verhouding wat jy met jou Verlosser het. Stig jouself op en leef in verwondering oor Hom!


Gebedsbeginpunt

God, ek wil altyd in verwondering wees oor U! Ek sal nie sonder passie lewe nie. Ek weet U is wonderlik en ek kies om nou met passie te leef in my verhouding met U.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon