Streef na ‘n lewe van heiligheid

Streef na ‘n lewe van heiligheid

“Soos Hy wat julle geroep het heilig is, moet julle in julle hele lewenswandel ook heilig wees.” —1 Petrus 1:15 NLV

Ek dink ons moet bietjie meer versigtig wees met hoe ons lewe. Nie dat ons so versigtig moet wees dat ons op die ou einde in vrees leef nie, maar net versigtig om te leef in ‘n goddelike manier, nie wetties nie.

Anders as ons nie versigtig is oor wie ons vriende is, watter televisie programme ons kyk en watter tipe boeke of musiek ons geniet of hoe ons geld of tyd spandeer nie, kan ons op die ou einde ons lewens op die verkeerde goed mors.

As Christene, moet ons heiligheid nastreef en besef dat ons geheilig is, apart uitgehou vir God se diens. Die oomblik wat ons Jesus as ons Verlosser aanvaar, is ons geheilig deur die Heilige Gees en dan apart gehou vir ‘n Goddelike doel. En as ons nie ons doel bereik of ons God-gegewe roeping nastreef nie, sal ons altyd leeg en gefrustreerd voel.

Ek wil jou vandag aanmoedig om heiligheid na te streef. As jy gekonfronteer word met moeilike besluite, vra God wat om te doen en kies die pad van heiligheid wat Hy vir jou uiteengelê het.


Gebedsbeginpunt

Jesus, help my om bewus te wees van enigiets wat my wegtrek van ‘n lewe van heiligheid. Met U leiding, wil ek versigtig leef en die pad van heiligheid volg wat U vir my het.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon