Verstaan die menslike natuur

Verstaan die menslike natuur

“Jesus self het egter nie op hulle staatgemaak nie omdat Hy alle mense ken. Hy het nie nodig gehad dat iemand Hom oor die mens sou inlig nie, want Hy het self kennis gedra van wat in ’n mens aangaan.” Johannes 2:24-25 NLV

Een keer nadat ek by ‘n baie teleurstellende kerk situasie betrokke was, het God Johannes 2:24-25 onder my aandag gebring. Dit praat van Jesus se verhouding met Sy dissipels.

Dit sê dat Jesus het nie op hulle staatgemaak of Sy vertroue in hulle gesit nie. Hy het Homself aan hulle gegee in verhouding en saam met hulle geleef, maar Hy het geweet dat hulle nie perfek is nie. Hy het die menslike natuur geken en Hy het nie op hulle staatgemaak op ‘n ongebalanseerde manier nie.

Dit het my laat besef dat ek my vertroue in mense in die kerk geplaas het wat net eintlik aan God moes behoort en ek het myself opgestel vir teleurstelling.

Ons kan net so ver gaan in enige menslike verhouding. As ons verby goddelike wysheid gaan, sal ons heel waarskynlik seer kry. Dit is maklik om in die strik te val en te dink dat sekere mense ons nooit gaan seermaak, net om dan teleurgesteld te wees as hulle nie opleef volgens ons standaarde nie. Niemand is perfek nie.

Die goeie nuus is dat God is perfek en Hy sal nooit teleurstel nie. Hy is altyd liefdevol en goed. Moenie vertroue in mense sit wanneer dit aan God moet behoort nie, maar gee jouself eerder totaal en al vir Hom. Hy alleen is perfek en betroubaar.


Gebedsbeginpunt:

God, geen mens is perfek nie, maar U is. Ek wil al my vertroue in U sit ten alle tye en glo dat U my nie sal teleurstel nie. Ek vind berusting in U volmaaktheid vandag.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon