Wanneer die lewe nie volgens plan verloop

Wanneer die lewe nie volgens plan verloop

“En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens sy doel vir hulle lewe.” —Romeine 8:28 NLV

Die apostel Paulus vertel ons in Romeine 8:28 dat God alles ten goede laat saamwerk vir die wat Hom liefhet. Let op dat Paulus nie sê dat alle dinge altyd goed is nie, maar dat alles ten goede saamwerk.

Paulus sê ook in Romeine 12:16 om eensgesind onder mekaar te wees. Die idee is dat ons moet ook leer om die tipe mens te word wat beplan maar nie uitmekaar uit val as die plan nie werk nie.

Kom ons sê jy klim in jou kar en dit wil nie aanskakel nie. Daar is twee maniere waarop jy na die situasie kan kyk.

Jy kan dink, ek het dit geweet! My planne flop altyd.

Of jy kan vir jouself sê, wel, ek kan dalk nie nou die huis verlaat nie, maar dit is okay. Ek glo die verandering in die plan sal vir my beste uitwerk. God is in beheer.

Laat God toe om die skild en ligter van jou kop te wees (sien Psalms 3:3). Hy wil jou oplig in alles: jou hoop, buie, gedagtes, hande, hart – jou hele lewe. Onthou, selfs aan beloop die lewe nie volgens plan nie, Hy is goed.


Gebedsbeginpunt

Here, omdat ek weet dat U in beheer is en alles ten goede laat meewerk, kan ek buigsaam wees as die lewe nie my plan volg nie. As my planne nie uitwerk nie, help my om die goeie te sien en positief te bly.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon