Wanneer vordering stadig is

Wanneer vordering stadig is

‘’Dis egter nie al nie – ons jubel selfs in ons swaarkry, want ons besef dat die swaarkry ons leer om te volhard.’’ —Romeine 5:3 NLV

Dit is belangrik om ons gedagtes te vernuwe, maar dis ook belangrik om te besef dat die proses bietjie vir bietjie sal geskied. Moenie ontmoedig word wanneer die proses stadig gebeur, of wanneer jy terugslae of slegte dae het nie. Staan net weer op en begin weer. Wanneer ‘n baba begin loop val hy baie keer voordat hy die kuns bemeester om te loop sonder om te val; hy hou egter aan. Hy sal dalk huil wanneer hy val, maar hy staan elke keer op en probeer weer. Om te leer om ons denkwyse te verander werk presies dieselfde. Ons sukkel en val, maar God is altyd daar om ons op te tel. Selfs as jy gefrusteerd voel, onthou wat in die Bybel staan en probeer ‘’triomfeer’’ in jou swaarkry, want dit beteken jy is besig met die stryd van die goeie. Daar sal dae wees wanneer jy nie alles reg sal doen nie – dis dae wanneer ons negatiewe gedagtes het. Moet nooit ophou om te probeer nie. God is stelselmatig besig om ons gedagtes rondom Sy denkwyse te bring. Moenie opgee nie!


Gebedsbeginpunt

Vader, dankie dat U my optel wanneer ek val. Ek weet dat wanneer ek swaarkry, kan U my help om my negatiewe gedagtes te oorkom en om my meer en meer in lyn te bring met U manier van dink.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon