Wat as…?

Wat as…?

“Nee, broers en susters, ek reken self nie dat ek al is wat ek moet wees nie, maar een ding is seker: ek vergeet dit wat agter my lê, en strek my uit na dit wat voorlê.” —Filippense 3:13 NLV

Was as…?

Hoe langer ‘n mens leef, hoe groter is die kanse dat hulle wonder wat as…? En voel dan die berou of hartseer wat dit dan veroorsaak. Die goeie nuus vir enige volgeling van Jesus, is dat “wat as?” nie ‘n berou oor die verlede hoef te wees nie maar ‘n opwindende uitdaging om te sien watter toekoms God vir hulle het.

Ek weet van ‘n gemeente wat deur hul pastoor uitgedaag was om vier eenvoudige dinge te doen (vir net ‘n maand lank) om hulself te seën vir die volgende jaar. Hy het hulle gevra om elke dag te bid, een dag ‘n week te vas, tiendes te betaal en een ongeredde persoon elke week kerk toe te bring.

Die resultaat was ‘n kragdadige deurbraak in die lewe van hul kerk. God se teenwoordigheid was sterker in die dienste. Finansiële deurbraak het gekom vir bedieningsprojekte en voorgestelde geboue.

En die wonderlikste van alles was dat kerk lidmate het ‘n wonderbaarlike seisoen betree het van verlore siele in die Koninkryk inbring.

Ek wil jou uitdaag: wat as jy God vandag begin soek, net soos daardie kerk? Wat as jy besluit om jou hele lewe vir Hom toe te wy? Wat as jy vorentoe druk, reg om te sien wat God kan doen? Wat kan dalk gebeur?


Gebedsbeginpunt

Here, ek wil nie my lewe lank vra “was as?” en dan nooit enige deurbrake in my lewe sien nie. Ek wil ‘n vars toewyding maak om U te soek vandag en ek is opgewonde om te sien watter wonderlike dinge U sal doen in my lewe.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon