Wees ‘n ware aanbidder

Wees ‘n ware aanbidder

“Daar kom egter ’n tyd, en dit het reeds aangebreek, wanneer die egte aanbidders die Vader vanuit ’n hegte verhouding met die Gees en in waarheid sal aanbid, want die Vader verkies dat die mense Hom só aanbid.” —Johannes 4:23 NLV

Aanbidding is soveel meer as net liedjies sing. Dit is ‘n kondisie van die hart en ‘n gemoedstoestand. Ons kan God selfs aanbid met passie sonder om ‘n enkele noot te sing. Ons aanbidding vir God is gebore in ons harte, dit vul ons gedagtes, en dit word gewys deur die woorde wat ons praat en hoe ons leef.

Die wêreld dink baie keer aan aanbidding as “godsdiens”, maar dit kan nie verder van die Bybelse konsep van aanbidding wees nie. Dit gaan oor ‘n persoonlike verhouding en ‘n passievolle uitdrukking van toewyding van mense wat God met hul hele hart lief het.

Dit is ware aanbidding.

Die Bybel sê dat God diegene wat Hom “in Gees en in waarheid” sal aanbid. Ek vind dit nogal interessant dat Hy nie net wil hê enigiemand moet Hom aanbid nie. Hy soek werklike mense wat opreg in Sy Waarheid leef.

Hy wil nie aanbid word deur vrees, verpligting of godsdiens nie. Ware aanbidding is ‘n resultaat van intimiteit met God. Aanbid God vandag met jou hele hart en wees ‘n aanbidder in Gees en in waarheid!


Gebedsbeginpunt

Here, ek wil nie net lippetaal gee nie. Ek wil U my lewe gee as ‘n ware aanbidder, intiem gekoppel aan U. U is so goed vir my en ek wil U aanbid “in Gees en in waarheid”.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon