{"id":3803,"date":"2025-12-21T00:01:40","date_gmt":"2025-12-21T00:01:40","guid":{"rendered":"https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/?p=3803"},"modified":"2025-09-09T18:08:20","modified_gmt":"2025-09-09T18:08:20","slug":"hoe-vergewe-ek-3","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/2025\/12\/21\/hoe-vergewe-ek-3\/","title":{"rendered":"Hoe Vergewe Ek?"},"content":{"rendered":"<header class=\"header--page col col--12\">\n<blockquote>\n<p class=\"heading__meta\"><span style=\"color: #000000\">Vir baie jare het ek \u2018n swaar las van woede en onvergewensgesindheid rondgedra as gevolg van die mishandeling wat ek as \u2018n kind gely het. In plaas daarvan om oor my gevoelens te kom, het ek gekies om opgesluit te bly in \u2018n tronk met my eie negatiewe emosies, en in \u2018n geestelike selfbejammerende houding geleef.<\/span><\/p>\n<\/blockquote>\n<\/header>\n<article>\n<div>\n<p>Een van die grootste geskenke wat ons egter vir onsself kan gee, is die bereidwilligheid om te vergewe. Trouens, om vinnig en mildelik te leer om te vergewe is die hoeksteen vir alle emosionele gesondheid en \u2018n kragtige sleutel om ons emosies te beheer.<\/p>\n<p><strong>Wat Vergifnis vir Jou Beteken<\/strong><\/p>\n<p>Vergifnis bederf die vyand se plan om jou verhoudings te vernietig. Dit ontwapen die angel van bitterheid, nooi die vrede van God uit en bring genesende krag na jou siel.<\/p>\n<p>Ek kan een ding vir jou vir seker s\u00ea: as jy wag totdat jy lus is om iemand te vergewe, sal jy nooit vergewe nie! Ons besluit om te doen wat God se Woord s\u00ea gaan verder as ons gevoelens. Daar is tye wanneer ons eenvoudig sal moet doen wat reg is, want dit is die regte ding om te doen. Om God se Woord te gehoorsaam, bring egter altyd \u2018n beloning.<\/p>\n<p><strong>Twee Baie Belangrike Vrae<\/strong><\/p>\n<p>Vra jouself af: hoe reageer ek wanneer iemand my gevoelens seermaak? Laat ek toe dat my emosies op hol gaan en dit my vreugde steel?<\/p>\n<p>Dit is maklik om toe te laat dat ons gevoelens ons beheer \u2013 dit neem nie die krag van die Heilige Gees om alles te doen en te s\u00ea wat ons wil doen en s\u00ea nie. Wanneer ons egter met God saamwerk om te doen wat Sy Woord s\u00ea, selfs wanneer ons emosies dit uitskree, bring ons se\u00ebninge in ons lewens en in die lewens van diegene rondom ons.<\/p>\n<p><strong>Wat Om te Doen As Iemand Jou Seermaak<\/strong><\/p>\n<p>Jesus s\u00ea in Lukas 6:27-28 \u2026 Maar as julle gewillig is om te luister, s\u00ea Ek julle moet julle vyande liefh\u00ea. Doen goed aan di\u00e9 wat julle haat. Se\u00ebn di\u00e9 wat julle vervloek. Bid vir hulle wat julle seermaak (NLV).<\/p>\n<p>Ek kan nou vir jou s\u00ea dat jy heel waarskynlik nie lus sal wees om dit te doen nie! God sal jou gehoorsaamheid eer as jy dit doen.<\/p>\n<p><strong>Laat Ek jou Aanmoedig om te Bid<\/strong><\/p>\n<p>\u2018\u2019Here, U weet hoe ek nou voel en ek is eerlikwaar nie seker of ek wil h\u00ea hulle moet gelukkig wees nie. Ek weet wat U Woord s\u00ea om te doen, so ek neem \u2018n stap van geloof en doen dit uit gehoorsaamheid. Vader, ek vra U om hulle lewe en alles wat hulle doen te se\u00ebn. Werk asseblief in hulle hart \u2013 verander hulle en bring hulle nader aan U.\u2019\u2019<\/p>\n<p>Weereens, wanneer ons kies om iemand te vergewe en vir hulle te bid, help dit ons net soveel of meer as wat dit hulle help. Dit is moeilik om kwaad te bly vir iemand as jy aktief vir hulle bid. Ook, ons gevoelens volg ons besluite. As ons \u2018n kwaliteit keuse maak om goed vir iemand te wees, is dit net \u2018n kwessie van tyd voordat ons gevoelens sal volg.<\/p>\n<p><strong>Ja, Jy Kan dit Doen!<\/strong><\/p>\n<p>Wanneer ek ook al oor vergifnis onderrig, kan ek my amper indink wat deur mense se gedagtes gaan. Joyce, vra jy my om te vergewe? Jy het geen idee waardeur ek is nie.<\/p>\n<p>Glo my, ek verstaan. Jou seer, jou pyn en jou begeerte om te sien hoe ander betaal vir wat hulle gedoen het, laat vergifnis na \u2018n moeilike keuse lyk. Hier is egter die waarheid: dis moeiliker om nie te vergewe nie. Ek s\u00ea dikwels om kwaad te bly is soos om gif te drink en te hoop dat jou vyand sal sterf. Die persoon wat jy regtig seermaak, is jouself!<\/p>\n<p><strong>Vertrou God om Jou Geregtigheid te Gee<\/strong><\/p>\n<p>Ek s\u00ea nie jy moet toelaat dat mense jou misbruik nie. Maar die Bybel s\u00ea ons moet God toelaat om ons verdediger te wees. Vergifnis is bloot \u2018n keuse wat jy maak om God te vertrou om die regter te wees, nie jy nie. Wanneer jy God beheer oor die situasie gee, maak dit die deur oop vir die liefde, krag, guns en vrede van God om in jou lewe te volg.<\/p>\n<p>1 Petrus 3:9 (NLV) s\u00ea, \u2018\u2019 Moenie kwaad met kwaad vergeld nie. Moenie iemand wat julle beledig, terugbeledig nie. Inteendeel, jou antwoord moet \u2019n se\u00ebnwens wees. D\u00edt is waartoe God julle geroep het en waarvoor Hy julle sal se\u00ebn.\u2019\u2019<\/p>\n<p><strong>Leer om Jou Vyande Lief te H\u00ea<\/strong><\/p>\n<p>God het ons Sy genade gegee om goed te wees vir mense \u2013 selfs vir mense wat nie goed vir ons is nie. Hy het ons die krag gegee om vir ons vyande te bid en nie kwaad te wees vir mense wat ons seergemaak of aangeval het nie (Sien Matteus 5:44).<\/p>\n<p>Jesus s\u00ea in Lukas 6:35, \u2018\u2019 Nee, julle moet ook julle vyande liefh\u00ea! Doen goed aan hulle! Leen aan hulle! En moenie bekommerd wees dat hulle julle dalk nie kan terugbetaal nie. Dan sal julle beloning in die hemel baie groot wees, en julle sal werklik optree as kinders van die Allerhoogste, want Hy is goed vir die ondankbares en die slegtes\u2019\u2019 (NLV).<\/p>\n<p><strong>Werklike Antwoorde oor Vergifnis<\/strong><\/p>\n<p>Laat ons prakties raak oor hoe om dit te doen. As jy \u2018n medewerker het wat die bevordering kry waarvoor jy God geglo het, die oomblik wat jy jaloesie en afguns begin voel, is die beste ding wat jy kan doen om gelukkig te wees vir hulle en uit jou pad te gaan om hulle te se\u00ebn.<\/p>\n<p>Wanneer ons dit doen, breek dit die mag van die vyand oor die situasie. Satan wil h\u00ea ons moet kwaad, beledig en bitter word. Hy wil \u2018n wig indryf tussen ons en ander. Sy uiteindelike plan is dat \u2018n wortel van bitterheid binne-in ons moet groei, want Hy weet dit sal ons vergiftig. Romeine 12:21 vertel ons deur goed te doen moet julle die slegte te bowe kom. Soos ons dit doen demp dit woede, twis, bitterheid en negatiewe emosies.<\/p>\n<p>Ja, daar is tye wat opgetree moet word of iemand gekonfronteer moet word oor wat hulle gedoen het. Selfs dan wil God nie h\u00ea dat ons gebuk gaan onder bitterheid en onvergewensgesindheid nie.<\/p>\n<p><strong>Soek die \u2018\u2019Hoekom\u2019\u2019 Agter die \u2018\u2019Wat\u2019\u2019<\/strong><\/p>\n<p>Die waarheid is dat so baie mense nie regtig weet wat hulle doen nie \u2013 hulle reageer net uit hul eie seer en pyn. Om dit te onthou, sal ons help om te vergewe en weg te beweeg van vorige woede en onvergewensgesindheid.<\/p>\n<p>Ek glo regtig nie my pa het verstaan wat hy emosioneel aan my doen of hoe hy \u2018n goeie deel van my lewe sou be\u00efnvloed nie. Hy het gedoen wat baie mense doen wat nie wedergebore is nie \u2013 selfsugtig te leef en hul eie begeertes te bevredig met geen agting vir die gevolge van hul dade nie.<\/p>\n<p>Onthou wat Jesus ges\u00ea het toe Hy aan die kruis gehang het:<br \/>\n\u2026 Vader, vergewe hulle, want hulle besef nie wat hulle doen nie \u2026 (Lukas 23:34 NLV).<\/p>\n<p><strong>Sien Dinge Deur \u2018n Ander Lens<\/strong><\/p>\n<p>Dit is maklik om te oordeel, maar die Bybel s\u00ea vir ons dat genade triomfeer oor oordeal (sien Jakobus 2:13). Ek bedoel nie dat misbruikers nie aanspreeklik is vir hul sondes nie,- ons moet almal verantwoordelikheid neem vir ons eie verkeerde optrede.<\/p>\n<blockquote><p>Die Here het my egter gewys dat genade die \u201dwaarom\u201d agter die \u201dwat\u201d sien. Genade en deernis kyk nie net na die verkeerde optrede nie, dit kyk verder as die persoon wat die verkeerde doen \u2013 na die kinderjare, die temperament, die hele lewe van die individu. God haat sonde, maar Hy het die sondaar lief.<\/p><\/blockquote>\n<p><strong>Kies Vryheid en Vergewe<\/strong><\/p>\n<p>Ek ken dalk nie jou storie of die pyn waardeur jy is nie, maar ek weet die enigste manier om alles te ervaar wat God vir jou het, is om te vergewe.<\/p>\n<p>Ek weet dit sal nie maklik wees nie. Dit verg geloof en moed om te vergewe en \u2018n nuwe begin in jou lewe en verhoudings te maak. As jy God vra, sal Hy mildelik Sy genade en alles wat jy nodig het om Hom te gehoorsaam verskaf en jou na \u2018n plek van emosionele vryheid lei.<\/p>\n<p>Dit is \u2018n wonderlike plek om te wees as ons met deernis na mense kan kyk wat ons seergemaak het en bid wat Jesus gebid het: \u201dVader, vergewe hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.\u201d<\/p>\n<\/div>\n<\/article>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Vir baie jare het ek \u2018n swaar las van woede en onvergewensgesindheid rondgedra as gevolg van die mishandeling wat ek as \u2018n kind gely het. In plaas daarvan om oor my gevoelens te kom, het ek gekies om opgesluit te bly in \u2018n tronk met my eie negatiewe emosies, en in \u2018n geestelike selfbejammerende houding&#8230;<\/p>\n","protected":false},"author":20,"featured_media":3804,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-3803","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"acf":[],"appp":{"post_detail":{"above_title":"<div class=\"post-featured-wrap\"><img width=\"1024\" height=\"597\" src=\"https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/wp-content\/uploads\/sites\/149\/2025\/09\/2118-1024x597.jpg\" class=\"post-featured wp-post-image\" alt=\"\" decoding=\"async\" srcset=\"https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/wp-content\/uploads\/sites\/149\/2025\/09\/2118-1024x597.jpg 1024w, https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/wp-content\/uploads\/sites\/149\/2025\/09\/2118-300x175.jpg 300w, https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/wp-content\/uploads\/sites\/149\/2025\/09\/2118-768x448.jpg 768w, https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/wp-content\/uploads\/sites\/149\/2025\/09\/2118-1536x896.jpg 1536w, https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/wp-content\/uploads\/sites\/149\/2025\/09\/2118.jpg 1800w\" sizes=\"(max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><\/div>","below_content":""}},"yoast_head":"<!-- This site is optimized with the Yoast SEO plugin v27.4 - https:\/\/yoast.com\/product\/yoast-seo-wordpress\/ -->\n<title>Hoe Vergewe Ek? - Joyce Meyer Ministries - Afrikaans<\/title>\n<meta name=\"robots\" content=\"index, follow, max-snippet:-1, max-image-preview:large, max-video-preview:-1\" \/>\n<link rel=\"canonical\" href=\"https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/2025\/12\/21\/hoe-vergewe-ek-3\/\" \/>\n<meta property=\"og:locale\" content=\"en_US\" \/>\n<meta property=\"og:type\" content=\"article\" \/>\n<meta property=\"og:title\" content=\"Hoe Vergewe Ek? - Joyce Meyer Ministries - Afrikaans\" \/>\n<meta property=\"og:description\" content=\"Vir baie jare het ek \u2018n swaar las van woede en onvergewensgesindheid rondgedra as gevolg van die mishandeling wat ek as \u2018n kind gely het. In plaas daarvan om oor my gevoelens te kom, het ek gekies om opgesluit te bly in \u2018n tronk met my eie negatiewe emosies, en in \u2018n geestelike selfbejammerende houding...\" \/>\n<meta property=\"og:url\" content=\"https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/2025\/12\/21\/hoe-vergewe-ek-3\/\" \/>\n<meta property=\"og:site_name\" content=\"Joyce Meyer Ministries - Afrikaans\" \/>\n<meta property=\"article:publisher\" content=\"https:\/\/www.facebook.com\/joycemeyerministriesafrikaans\/\" \/>\n<meta property=\"article:published_time\" content=\"2025-12-21T00:01:40+00:00\" \/>\n<meta property=\"og:image\" content=\"https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/wp-content\/uploads\/sites\/149\/2025\/09\/2118.jpg\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:width\" content=\"1800\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:height\" content=\"1050\" \/>\n\t<meta property=\"og:image:type\" content=\"image\/jpeg\" \/>\n<meta name=\"author\" content=\"erowland\" \/>\n<meta name=\"twitter:card\" content=\"summary_large_image\" \/>\n<meta name=\"twitter:label1\" content=\"Written by\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data1\" content=\"erowland\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:label2\" content=\"Est. reading time\" \/>\n\t<meta name=\"twitter:data2\" content=\"6 minutes\" \/>\n<script type=\"application\/ld+json\" class=\"yoast-schema-graph\">{\"@context\":\"https:\\\/\\\/schema.org\",\"@graph\":[{\"@type\":\"Article\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/tv.joycemeyer.org\\\/afrikaans\\\/2025\\\/12\\\/21\\\/hoe-vergewe-ek-3\\\/#article\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/tv.joycemeyer.org\\\/afrikaans\\\/2025\\\/12\\\/21\\\/hoe-vergewe-ek-3\\\/\"},\"author\":{\"name\":\"erowland\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/tv.joycemeyer.org\\\/afrikaans\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/c80e2e27c48ed71c9a63fa16a6c3cb01\"},\"headline\":\"Hoe Vergewe Ek?\",\"datePublished\":\"2025-12-21T00:01:40+00:00\",\"mainEntityOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/tv.joycemeyer.org\\\/afrikaans\\\/2025\\\/12\\\/21\\\/hoe-vergewe-ek-3\\\/\"},\"wordCount\":1413,\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/tv.joycemeyer.org\\\/afrikaans\\\/2025\\\/12\\\/21\\\/hoe-vergewe-ek-3\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/tv.joycemeyer.org\\\/afrikaans\\\/wp-content\\\/uploads\\\/sites\\\/149\\\/2025\\\/09\\\/2118.jpg\",\"inLanguage\":\"en-US\"},{\"@type\":\"WebPage\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/tv.joycemeyer.org\\\/afrikaans\\\/2025\\\/12\\\/21\\\/hoe-vergewe-ek-3\\\/\",\"url\":\"https:\\\/\\\/tv.joycemeyer.org\\\/afrikaans\\\/2025\\\/12\\\/21\\\/hoe-vergewe-ek-3\\\/\",\"name\":\"Hoe Vergewe Ek? - Joyce Meyer Ministries - Afrikaans\",\"isPartOf\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/tv.joycemeyer.org\\\/afrikaans\\\/#website\"},\"primaryImageOfPage\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/tv.joycemeyer.org\\\/afrikaans\\\/2025\\\/12\\\/21\\\/hoe-vergewe-ek-3\\\/#primaryimage\"},\"image\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/tv.joycemeyer.org\\\/afrikaans\\\/2025\\\/12\\\/21\\\/hoe-vergewe-ek-3\\\/#primaryimage\"},\"thumbnailUrl\":\"https:\\\/\\\/tv.joycemeyer.org\\\/afrikaans\\\/wp-content\\\/uploads\\\/sites\\\/149\\\/2025\\\/09\\\/2118.jpg\",\"datePublished\":\"2025-12-21T00:01:40+00:00\",\"author\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/tv.joycemeyer.org\\\/afrikaans\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/c80e2e27c48ed71c9a63fa16a6c3cb01\"},\"breadcrumb\":{\"@id\":\"https:\\\/\\\/tv.joycemeyer.org\\\/afrikaans\\\/2025\\\/12\\\/21\\\/hoe-vergewe-ek-3\\\/#breadcrumb\"},\"inLanguage\":\"en-US\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"ReadAction\",\"target\":[\"https:\\\/\\\/tv.joycemeyer.org\\\/afrikaans\\\/2025\\\/12\\\/21\\\/hoe-vergewe-ek-3\\\/\"]}]},{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-US\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/tv.joycemeyer.org\\\/afrikaans\\\/2025\\\/12\\\/21\\\/hoe-vergewe-ek-3\\\/#primaryimage\",\"url\":\"https:\\\/\\\/tv.joycemeyer.org\\\/afrikaans\\\/wp-content\\\/uploads\\\/sites\\\/149\\\/2025\\\/09\\\/2118.jpg\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/tv.joycemeyer.org\\\/afrikaans\\\/wp-content\\\/uploads\\\/sites\\\/149\\\/2025\\\/09\\\/2118.jpg\",\"width\":1800,\"height\":1050},{\"@type\":\"BreadcrumbList\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/tv.joycemeyer.org\\\/afrikaans\\\/2025\\\/12\\\/21\\\/hoe-vergewe-ek-3\\\/#breadcrumb\",\"itemListElement\":[{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":1,\"name\":\"Home\",\"item\":\"https:\\\/\\\/tv.joycemeyer.org\\\/afrikaans\\\/\"},{\"@type\":\"ListItem\",\"position\":2,\"name\":\"Hoe Vergewe Ek?\"}]},{\"@type\":\"WebSite\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/tv.joycemeyer.org\\\/afrikaans\\\/#website\",\"url\":\"https:\\\/\\\/tv.joycemeyer.org\\\/afrikaans\\\/\",\"name\":\"Joyce Meyer Ministries - Afrikaans\",\"description\":\"Deel Christus - Wees lief vir mense\",\"potentialAction\":[{\"@type\":\"SearchAction\",\"target\":{\"@type\":\"EntryPoint\",\"urlTemplate\":\"https:\\\/\\\/tv.joycemeyer.org\\\/afrikaans\\\/?s={search_term_string}\"},\"query-input\":{\"@type\":\"PropertyValueSpecification\",\"valueRequired\":true,\"valueName\":\"search_term_string\"}}],\"inLanguage\":\"en-US\"},{\"@type\":\"Person\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/tv.joycemeyer.org\\\/afrikaans\\\/#\\\/schema\\\/person\\\/c80e2e27c48ed71c9a63fa16a6c3cb01\",\"name\":\"erowland\",\"image\":{\"@type\":\"ImageObject\",\"inLanguage\":\"en-US\",\"@id\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/a6ef1ee8c388390bd07c23fffe3dc85c198e2298bd2354989f1b7910a65d5c29?s=96&d=mm&r=g\",\"url\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/a6ef1ee8c388390bd07c23fffe3dc85c198e2298bd2354989f1b7910a65d5c29?s=96&d=mm&r=g\",\"contentUrl\":\"https:\\\/\\\/secure.gravatar.com\\\/avatar\\\/a6ef1ee8c388390bd07c23fffe3dc85c198e2298bd2354989f1b7910a65d5c29?s=96&d=mm&r=g\",\"caption\":\"erowland\"},\"url\":\"https:\\\/\\\/tv.joycemeyer.org\\\/afrikaans\\\/author\\\/erowland\\\/\"}]}<\/script>\n<!-- \/ Yoast SEO plugin. -->","yoast_head_json":{"title":"Hoe Vergewe Ek? - Joyce Meyer Ministries - Afrikaans","robots":{"index":"index","follow":"follow","max-snippet":"max-snippet:-1","max-image-preview":"max-image-preview:large","max-video-preview":"max-video-preview:-1"},"canonical":"https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/2025\/12\/21\/hoe-vergewe-ek-3\/","og_locale":"en_US","og_type":"article","og_title":"Hoe Vergewe Ek? - Joyce Meyer Ministries - Afrikaans","og_description":"Vir baie jare het ek \u2018n swaar las van woede en onvergewensgesindheid rondgedra as gevolg van die mishandeling wat ek as \u2018n kind gely het. In plaas daarvan om oor my gevoelens te kom, het ek gekies om opgesluit te bly in \u2018n tronk met my eie negatiewe emosies, en in \u2018n geestelike selfbejammerende houding...","og_url":"https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/2025\/12\/21\/hoe-vergewe-ek-3\/","og_site_name":"Joyce Meyer Ministries - Afrikaans","article_publisher":"https:\/\/www.facebook.com\/joycemeyerministriesafrikaans\/","article_published_time":"2025-12-21T00:01:40+00:00","og_image":[{"width":1800,"height":1050,"url":"https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/wp-content\/uploads\/sites\/149\/2025\/09\/2118.jpg","type":"image\/jpeg"}],"author":"erowland","twitter_card":"summary_large_image","twitter_misc":{"Written by":"erowland","Est. reading time":"6 minutes"},"schema":{"@context":"https:\/\/schema.org","@graph":[{"@type":"Article","@id":"https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/2025\/12\/21\/hoe-vergewe-ek-3\/#article","isPartOf":{"@id":"https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/2025\/12\/21\/hoe-vergewe-ek-3\/"},"author":{"name":"erowland","@id":"https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/#\/schema\/person\/c80e2e27c48ed71c9a63fa16a6c3cb01"},"headline":"Hoe Vergewe Ek?","datePublished":"2025-12-21T00:01:40+00:00","mainEntityOfPage":{"@id":"https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/2025\/12\/21\/hoe-vergewe-ek-3\/"},"wordCount":1413,"image":{"@id":"https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/2025\/12\/21\/hoe-vergewe-ek-3\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/wp-content\/uploads\/sites\/149\/2025\/09\/2118.jpg","inLanguage":"en-US"},{"@type":"WebPage","@id":"https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/2025\/12\/21\/hoe-vergewe-ek-3\/","url":"https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/2025\/12\/21\/hoe-vergewe-ek-3\/","name":"Hoe Vergewe Ek? - Joyce Meyer Ministries - Afrikaans","isPartOf":{"@id":"https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/#website"},"primaryImageOfPage":{"@id":"https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/2025\/12\/21\/hoe-vergewe-ek-3\/#primaryimage"},"image":{"@id":"https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/2025\/12\/21\/hoe-vergewe-ek-3\/#primaryimage"},"thumbnailUrl":"https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/wp-content\/uploads\/sites\/149\/2025\/09\/2118.jpg","datePublished":"2025-12-21T00:01:40+00:00","author":{"@id":"https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/#\/schema\/person\/c80e2e27c48ed71c9a63fa16a6c3cb01"},"breadcrumb":{"@id":"https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/2025\/12\/21\/hoe-vergewe-ek-3\/#breadcrumb"},"inLanguage":"en-US","potentialAction":[{"@type":"ReadAction","target":["https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/2025\/12\/21\/hoe-vergewe-ek-3\/"]}]},{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-US","@id":"https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/2025\/12\/21\/hoe-vergewe-ek-3\/#primaryimage","url":"https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/wp-content\/uploads\/sites\/149\/2025\/09\/2118.jpg","contentUrl":"https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/wp-content\/uploads\/sites\/149\/2025\/09\/2118.jpg","width":1800,"height":1050},{"@type":"BreadcrumbList","@id":"https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/2025\/12\/21\/hoe-vergewe-ek-3\/#breadcrumb","itemListElement":[{"@type":"ListItem","position":1,"name":"Home","item":"https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/"},{"@type":"ListItem","position":2,"name":"Hoe Vergewe Ek?"}]},{"@type":"WebSite","@id":"https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/#website","url":"https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/","name":"Joyce Meyer Ministries - Afrikaans","description":"Deel Christus - Wees lief vir mense","potentialAction":[{"@type":"SearchAction","target":{"@type":"EntryPoint","urlTemplate":"https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/?s={search_term_string}"},"query-input":{"@type":"PropertyValueSpecification","valueRequired":true,"valueName":"search_term_string"}}],"inLanguage":"en-US"},{"@type":"Person","@id":"https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/#\/schema\/person\/c80e2e27c48ed71c9a63fa16a6c3cb01","name":"erowland","image":{"@type":"ImageObject","inLanguage":"en-US","@id":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/a6ef1ee8c388390bd07c23fffe3dc85c198e2298bd2354989f1b7910a65d5c29?s=96&d=mm&r=g","url":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/a6ef1ee8c388390bd07c23fffe3dc85c198e2298bd2354989f1b7910a65d5c29?s=96&d=mm&r=g","contentUrl":"https:\/\/secure.gravatar.com\/avatar\/a6ef1ee8c388390bd07c23fffe3dc85c198e2298bd2354989f1b7910a65d5c29?s=96&d=mm&r=g","caption":"erowland"},"url":"https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/author\/erowland\/"}]}},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3803","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/wp-json\/wp\/v2\/users\/20"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=3803"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/3803\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/wp-json\/wp\/v2\/media\/3804"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=3803"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=3803"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/tv.joycemeyer.org\/afrikaans\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=3803"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}