Alledaagse Antwoorde

Bly Beweeg

deur Joyce Meyer

Bly Beweeg

Ek hou daarvan om te sê dat God die ‘’Hoof van Verandering’’ is. Hy doen altyd ‘n nuwe ding … werk altyd in ons lewens. Sy beloftes vir ons gebeur egter nie vanself nie. Alle dinge is moontlik by God, maar nie alle dinge sal positief gebeur nie.

Vernuwe Jou Gedagtes

Daar is ‘n paar dinge wat ons kan verhinder om vorentoe te beweeg in die lewe. Die een is ‘n ou ingesteldheid. Markus 2:22 (NLV) sê … ‘’ Net so min gooi ’n mens nuwe wyn in ou leersakke. Doen jy dit tog, gaan die wyn die sakke laat skeur en die wyn sowel as die sakke sal daarmee heen wees. Nee, nuwe wyn hoort in nuwe sakke!”

Met ander woorde, jou gedagtes moet vernuwe word. Jy het ‘n vars nuwe uitkyk nodig wat gebaseer is op God se Woord en Sy beloftes. Om God se wil vir jou lewe te ken sal jou help in jou vasberadenheid om aan te hou beweeg.

Wees voorbereid daarop dat wanneer jy vorentoe beweeg jy teenkanting sal kry. Die apostel Paulus sê in 1 Korintiërs 16:9 NLV want hier staan ‘n groot en belangrike deur vir my oop, maar hier is ook baie teenstanders. Ek noem hulle graag ‘’reuse.’’ Wat jy dit ook al wil noem, die vyand sal dit nie vir jou maklik maak om God se wil te doen nie.

Dit is waar vasberadenheid inkom. Ons vyand, Satan, wil ons vooruitgang keer. Hy is vasbeslote om ons te keer, dus moet ons vasbeslote wees om aan te hou met vorentoe beweeg!

Ek sal nooit vergeet toe ek vir die eerste keer oor die roeping van God op my lewe begin praat het nie. Van my vriende het besluit dat ek my misgis het. Hulle het aan my gesê dat ek nie die persoonlikheid het om hierdie soort bediening te doen nie. Dit was baie ontmoedigend, om die minste te sê. Maar ek het geweet dat God met my gepraat het oor die bediening wat Hy my geroep het om te doen en ek was vasbeslote om dit deur te voer.

Ek is uiteindelik gevra om my kerk te verlaat, ek het vriende verloor en selfs van my familielede het hul rug op my gedraai. Ek moes deur ‘n hele paar struikelblokke beur om te doen wat ek nou doen. Maar wat as ek opgegee het toe ek daardie verwerping gevoel het? Ek sou nie vandag God se roeping op my lewe vervul nie – en sou ongelukkig wees, want dit is my passie.

Beur Voort en Druk Deur


Wanneer jy besluit om God se plan vir jou lewe te volg, sal die vyand dikwels mense gebruik om jou aandag af te lei, jou te kritiseer of jou heeltemal te verwerp. Onthou net, God is groter! (sien 1Joh 4:4.) Jy het alles wat jy nodig het deur Christus om die vyand te verduur en te oorleef. Soos jy voortbeur en deurdruk, moenie na jouself kyk nie ,,, kyk na God. Ignoreer ander se kritiek en ongeloof en volg jou Godgegewe drome. Wees vasbeslote om verby elke leuen van die vyand, moedeloosheid en selfs verwerping van ander, te druk.

Wat jy ook al doen, hou net aan beweeg! Wanneer jy moedeloos voel… hou net aan! Wanneer ander jou veroordeel, hou aan beweeg!

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon