‘’Julle moet weet, broers en susters, dat dit wat met my gebeur het, gelei het tot bevordering van die Goeie Nuus. En die meerderheid medegelowiges hier is só deur my gevangenskap in hulle vertroue in die Here versterk dat hulle dit al hoe meer waag om oor die boodskap van God te praat sonder om bang te wees.’’- Filippense 1:12,14 NLV
Somtyds word ons aangeval deur die vyand bloot as gevolg van ons betrokkenheid by die Woord van God. Markus 4:17 praat van diegene wat die Woord hoor en dit vir ‘n ruk verduur,…as daar moeilikheid of vervolging ontstaan as gevolg van die Woord, voel hulle dadelik beledig (raak ontevrede, verontwaardig , gegrief) dan struikel hulle en val weg.
Satan weet die Woord versterk ons en hy wil dit stop voor ons dit versprei na ander. Dit is dus uiters belangrik om die Woord in jou hart te bewaar en die duiwel te weerstaan wanneer hy dit van jou wil steel. As jy dit doen, sal die toetse wat die vyand bring, help om ander na die Here te lei.
Die apostel Paul het gesê daar was baie dinge wat God toegelaat waardeur hy moes gaan bloot omdat dit ander gehelp het om vertroue in die Here te kry en meer moed gekry het om die Evangelie sonder vrees te verkondig. Selfs tydens die gevangenskap was sy stabiliteit en vermoë om deur God gebruik te word, duidelik.
As ons ander gaan bedien, gaan ons ongunstige omstandighede ervaar. Maar as ons in geloof en met vertroue in God staan, sal Hy ons tot oorwinning lei, en sal ons in die proses ‘n groot aanmoediging vir ander wees.
Gebedsbeginpunt
Here, ek wil elke dag in U en in U Woord bly. As beproewinge op my pad kom, bid ek dat U dit sal gebruik om my sterker te maak en U Woord aan die mense rondom my te versprei.