Alledaagse Antwoorde

Krag om Elke Stryd wat Jy in die Gesig Staar, te Oorwin

deur Joyce Meyer

Nadat ek ‘n Christen geword het, was daar baie jare wat ek geen oorwinning in my alledaagse lewe gehad het nie. Ek was ellendig, want ek het nog wonde van die verlede in my siel gehad, wat my onseker, kwaad, agterdogtig teenoor ander gemaak het en was moeilik om mee oor die weg te kom.

Al het ek God lief gehad en elke week kerk toe gegaan, het ek geen idee gehad dat daar krag vir my beskikbaar was om die seerkry van die verlede en die stryd van die alledaagse lewe te oorkom nie. Alle die dinge wat oor my pad gekom het wat moeilik was om te hanteer, het my verpletter. Ek was so dankbaar toe ek deur Sy Woord uitvind dat Hy nie net magtig is nie,maar dat Hy ons met Sy krag wil vul. Hy belowe in Sy Woord dat ons ‘n oorvloedige lewe kan hê, omdat Hy die wêreld oorwin het (Sien Joh 10:10; 16:33).

Die waarheid is, as gelowiges in Christus, hoef ons nie lamsakkig te lewe nie, dooierig, armsalig, pateties, skaars-oor-die-wegkom- lewens. Ons kan God se krag in ons hê om ons in staat te stel om te doen wat
ons ook al in die lewe moet doen!

Daar Is nie So Iets Soos ‘n Probleemvrye Lewe nie

Sommige mense het die wanopvatting dat wanneer hulle hul lewens aan Jesus gee, hulle nie meer enige probleme sal hê nie. Dit sou lekker wees as dit waar was, maar in hierdie lewe SAL ons beproewing en verdrukking hê. Die goeie opbeurende nuus is dat Jesus die wêreld reeds oorwin het.

In Johannes 16:33 (NLV), sê Jesus, …’’Ek sê hierdie dinge vir julle sodat julle in My rus en vrede kan vind. In die wêreld sal julle swaarkry beleef, maar skep moed: Ek het die wêreld reeds oorwin.”

Niemand kan jou ‘n probleemvrye lewe belowe nie, maar God belowe dat as jy jou vertroue in Hom plaas, Hy vir jou ‘n geloof sal gee wat jou in staat stel om uit te styg bo die probleme wat jy in die gesig staar. Wanneer jy deur dit kom, sal jy sterker wees aan die anderkant as wat jy voorheen was.

Die Waarheid oor God se Krag

Met die wete dat jy krag van God kan hê om in hierdie wêreld te lewe is een ding, maar om hierdie waarheid te leer glo en daarin te wandel, is die sleutel tot oorwinning oor die beproewing en lyding wat jy in die gesig staar. Ek hou van Filippense 3:10 wat sê ons kan dieselfde krag van Sy opstanding ondervind.

In dieselfde vers, sê die apostel Paulus, Op hierdie manier kan ek Christus ken en die krag beleef wat Hom laat opstaan het. Deur saam met Hom te ly kry ek deel aan sy dood (NLV).

Dit is ‘n wonderlike en bemoedigende belofte van God, want ons almal het probleme en swakhede wat ons nie kan oorkom in ons gewone krag of pogings nie. As ons egter vasbeslote is om God te vertrou in elke situasie kan ons die goeie stryd van geloof deur SY genade bestry.

Om Meer as ‘n Oorwinnaar in Christus Te Wees

Rom 8:37 (NLV) sê: Tog is ons ten spyte van al hierdie dinge besig om ’n klinkende oorwinning te behaal – deur Christus wat sy liefde so duidelik aan ons bewys het. Ek hou van hierdie frase ‘’meer as oorwinnaars’’, Maar wat beteken dit werklik?

Om meer as ‘n oorwinnaar te wees, beteken dat voordat jy ooit ‘n probleem het, jy seker is dat jy het wat nodig is, om dit te oorkom deur jou verhouding met Christus. Met ander woorde, jy weet jy het die oorwinning nog voor jy ooit die probleem kry.


Om te ‘’kwalifiseer’’ vir die krag van God, moet ons eers by die plek kom waar ons erken dat ons in onsself swak is en ons beperkings het sonder God. As ons geen swakheid gehad het nie, sou ons nie besef ons het Hom nodig nie. Een van die beste gebede wat ons ooit kan bid, is ‘’Here, ek het U nodig, sonder U is ek niks!’’ (Sien Johannes 15:5.)

Dit is so belangrik dat ons dit verstaan, want as ons wag totdat ons ‘n probleem het wat te groot is vir ons om te hanteer, voordat ons op God se krag staatmaak, is mislukking ons voorland.

Die beste ding wat ons kan doen om hierdie lewe in oorwinning te leef, is om God voortdurend met ons hele hart te soek en te besef ons is heeltyd desperaat vir Hom. Spandeer tyd saam met Hom in gebed en bestudeer Sy Woord elke dag, Dan, wanneer die storms in die lewe plaasvind, sal jy vol vertroue wees dat jy in Christus reeds alles het wat jy nodig het om dit te oorkom … en jy sal Sy krag van opstanding ervaar as jy bo dit uitstyg!

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon