“In alles het ek vir julle ’n voorbeeld gestel dat ons só hard moet werk dat ons die armes kan help. Onthou die woorde van die Here Jesus: ‘Dit is meer geseënd om te gee as om te ontvang.” —Handelinge 20:35 NLV
Jare gelede het ek geen idee gehad hoe sterk die Here voel oor om vir ander te gee nie. Voor dit het ek ‘n selfsugtige, ek-eerste lewe gelei. Ek het so gesukkel en gestreef daarna om geluk vir myself te vind, maar ek het altyd aan die ander kant uitgekom waar ek uitgeput, uitgestres en ongelukkig was.
Maar God het my begin leer oor wat ware geluk werklik is.
Toe ek eers begin uitvind dat geluk ‘n by-produk is van uitreik na ander mense toe, het ek ‘n leefstyl begin aanneem om elke dag doelbewus vir maniere te soek waar ek mense kan seën.
Die Bybel sê in Handelinge 20:35 dat daar ‘n voorbeeld vir ons gestel is dat ons só hard moet werk dat ons die armes kan help en dat dit meer geseënd om te gee as om te ontvang.
Dit is wonderlik. Om te gee bring meer geluk as om te ontvang?
In die natuurlike maak dit nie sin nie. Ons leef in ‘n wêreld en kultuur waar mense obsessief is met ontvang. Soveel keer kyk ons na ander mense se besittings en dink, hulle moet werklik gelukkig wees.
Maar ware geluk kom van ‘n leefstyl van gee aan ander.
Dit beteken nie jy hoef miljoene weg te gee nie. Al wat God van ons verwag, is dat ons gee waarvan ons het. Ek wil nooit die tipe persoon wees wat sê: “wel ek doen genoeg, ek is tevrede” nie. In realiteit sal dit nooit tevredenheid bring nie. Nee, ek wil soveel mense as moontlik help.
Kry vandag iemand wat jy kan seën. Maak nie saak hoe groot of klein jou geskenk is nie, en of dit geld, tyd of bemoediging is nie, gee net wat jy het. En ervaar die ware geluk wat kom van gee.
Gebedsbeginpunt
Here, ek weet dat ware geluk kom van gee, en nie van ontvang nie. Ek wil die tipe lewe lei van ware geluk, waar ek vergeet van my selfsugtige behoeftes en geleenthede sal soek om die om my te seën.