Die waarheid sal jou vry maak

Die waarheid sal jou vry maak

“en julle sal begryp wat die waarheid beteken, en die waarheid sal julle vrymaak.” —Johannes 8:32 NLV

Op die ou einde van die dag sal ons nooit verder kan beweeg as wat ons dink en glo is die waarheid nie.

Baie mense vandag doen nie eers die moeite om rasioneel te dink oor wat hulle glo nie en hulle bou hul hele lewe op oortuigings wat glad nie waar is nie. Watookal die nuusmedia, ‘n bekende persoon of ‘n groep vriende sê, word skielik “waarheid” vir hulle.

Om te glo wat ander sê sonder om God se Woord te gaan ondersoek vir jouself, sal jou eintlik verhoed om alles te doen en te ervaar wat God jou voor gemaak het. Maar, as jy die waarheid wil nastreef, en jou lewe daarop sal bou, sal jy suksesvol wees in alles wat jy doen.

As jy in pas met God se waarheid wil bly, moet jy kommunikasie met Hom ‘n daaglikse prioriteit maak. Ek kan jou nie sterker motiveer om daagliks by God uit te kom deur gebed, lees van Sy Woord, aanbidding, en om net eenvoudig Sy teenwoordigheid en leiding deur jou dag te erken.

Wanneer jy God ken, ken jy Waarheid. Om te leef in Sy Waarheid sal jou vrede, vryheid en vreugde bring.


Gebedsbeginpunt

Here, ek wil nie beperk word deur my gedagtes en oortuigings oor wat waar is nie. U is my enigste bron van Waarheid. As ek tyd spandeer om met U te kommunikeer, wys my en lei my na U Waarheid.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon