Beheer jou tong

Beheer jou tong

“Hy moet sy tong weerhou van kwaad en sy lippe om leuens te vertel.” —Psalms 34:14 NLV

‘n Baie belangrike sleutel om God te eer, is om ons tonge te beheer. Psalms 50:23 sê dat hy wat ‘n dankoffer bring, eer God…

Wat sal gebeur as jy jou mond aan God elke dag gee sodat net goddelike rein woorde uit jou mond uit kom? En ek praat nie net van lof- en dankoffers aan God in jou stiltetyd of positiewe, bemoedigende woorde oor jouself nie. Die gesondheid van jou verhoudings hang af van hoe jy praat, oor en met ander.

Psalms 34:14 sê dat ons ons tonge moet weerhou van kwaad en ons lippe van leuens te vertel. Het jy al gelieg vir ander? Beledig jy hulle of praat sleg van hulle? Of praat jy bemoedigende, lewensgevulde woorde wat vreugde bring vir mense wat jy ontmoet?

Wy jou mond toe aan God en gebruik dit slegs vir wat Hom behaag: lof- en dankseggings, opbouing en bemoediging en om dankbaar te wees. Plaas jou lippe op die altaar elke oggend. Gee jou mond aan God deur Sy Woord te bid: Help my om te praat Here, sodat ek U lof kan verkonding (Psalms 51:17).


Gebedsbeginpunt

Here, maak my lippe en my mond oop sodat ek U lof kan sing en dankoffers bring. Help my om my woorde te gebruik om vreugde en lewe te bring aan die mense om my en om U naam groot te maak.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon