Alledaagse Antwoorde

Sleutels om die Wedloop in jou Lewe te Wen

deur Joyce Meyer

Sleutels om die Wedloop in jou Lewe te Wen

Almal het ‘n wedloop om te hardloop. Dit beteken net dat ons almal ‘n lewe het om te leef. Die apostel Paulus sê in Hebreërs 12:1, ‘’ Met so ’n magtige skare toeskouers rondom ons om ons in die wedloop van die geloof dop te hou – kom ons stroop alles af wat ons spoed kan vertraag, veral die sonde wat so maklik ’n houvas op ’n mens kry. Kom ons hardloop met volharding op die baan wat voor ons uitgestrek lê,’’ (NLV).

Deel van wat dit beteken, is om aan te hou, selfs te midde van die moeilikhede in die lewe. Moeilike tye gebeur met ons almal, maar dit is hoe ons dit hanteer wat die belangrikste is. Eendag wanneer ek voor God staan, wil ek kan sê: ”Ek het die goeie lewe gestry, ek het die wedloop voltooi, ek het die geloof behou.” (2 Timoteus 4:7).

Bly beweeg. Baie van die lewe is net gewone, alledaagse lewe, maar baie van wat gebeur kom in die vorm van moeilike situasies, van klein ergernisse tot ernstige laste.

Ek het eenkeer rekord gehou van die probleme wat oor ‘n tydperk met my gebeur het. Daar was dinge soos ‘n rugbesering, bagasie op ‘n vliegtuig gelos, en ‘n waterlek in my lugbevogtiger. Ek het my arm seergemaak met strekke vir my beseerde rug, my gewrig verdraai, ‘n rooi drankie op ‘n wit rusbank gemors … en my langbroek by ‘n spa verloor! Sommige was klein irritasies, ander was ernstiger.

Wat ek uit hierdie ervaring geleer het, was eenvoudig: ”goed” gebeur in die lewe, maar ons hoef nie toe te laat dat wat gebeur ons daarvan weerhou om ons doel om God met ons hele hart te dien, te vervul nie. Dit is ‘n mors van tyd om ontsteld te raak oor klein dingetjies. Op die allerminste, as jy nie weet wat om in ‘n situasie te doen nie, doen net wat jy weet om te doen en hou aan om voort te beweeg.


Een manier om aan te gaan wanneer moeilike tye kom, is om jou gedagtes van jouself en jou bekommernisse af te kry en iemand anders te help. Die waarheid is dat ons gelukkiger en meer tevrede is wanneer ons ander help as wanneer ons op onsself fokus.


Weier om vas te val in ‘n houding van selfbejammering, selfsug of selfgesentreerdheid. Ons het almal probleme, maar óns probleme hoef ons nie te hê nie! Ons oorwinning sal kom wanneer ons vasbeslote bly om net aan te gaan, en te doen wat God in ons harte sit om te doen.
Rus. Een groot deel van die wedloop is om te leer om te rus. Dit klink dalk soos ‘n oksimoron, maar hier is wat ek bedoel. Rus gaan nie daaroor om niks te doen nie; dit gaan daaroor om in ‘n plek van vrede en volkome vertroue in God te wees. Vanuit ‘n posisie van rus kan ons doen wat ons ook al moet doen, want ons geloof is nie in onsself nie, maar in die Een wat ons die krag en vermoë gee om dit te doen.

God het die skeppingswerk in ses dae gedoen en op die sewende dag het Hy gerus van Sy werk. Jesus het vir ons sondes gesterf en toe gaan sit aan die regterhand van God – ‘n plek van rus van Sy werk.

In die Ou Testament was die handhawing van ‘n verbondsverhouding met God alles oor werk. Die hoëpriester het in die Heiligdom ingegaan om ‘n offer vir die sondes van die volk te bring. Daar was geen plek om te sit in die Heiligdom nie, want hy was daar om te werk. Maar toe Jesus gekom het, het Sy offer alles betaal, en Hy het gaan sit, want Sy werk was klaar.

Om te leer om te rus is dalk een van die belangrikste dinge wat ons ooit sal doen. Baie keer raak mense gespanne oor hul omstandighede, maar dit is eintlik nie die omstandighede wat hul spanning veroorsaak nie, dit is die manier waarop hulle dit hanteer.

Om in God te rus is soos ‘n vakansie vir jou siel. In rus is jy nie bekommerd oor wat ander van jou dink of hoe alles gaan uitwerk wanneer jy God se wil vir jou lewe vervul nie, want jou geloof is in Christus. Jy kan standvastig wees te midde van beproewinge, want jy weet dat God in beheer is en Hy sal jou help deur enigiets wat jy in die gesig staar. Wanneer jy vanuit ‘n plek van rus werk, doen jy wat jy moet doen in vrede met volkome geloof in God se genade om die taak voor jou uit te voer.

Hardloop. Almal het ‘n wedloop om te hardloop, ‘n doel om te bereik, ‘n lewe om te leef en ons moet almal iewers begin. My aanmoediging aan jou is om vanuit ‘n plek van rus te begin. Leer hoe om die Heilige Gees se leiding te vertrou. Hy sal jou lei en jou help wanneer dit tyd is om te sit … staan … loop en om jou wedloop te hardloop om te wen!

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon