Die dinge wat Ek beplan, gaan nie nou dadelik gebeur nie. Stadig maar seker breek die tyd aan wanneer die visioen waar sal word. Wag geduldig, al voel dit of dit stadig gaan. Wees seker dit gaan gebeur, dit sal nie onnodig talm nie. (Habakuk 2:3)
Dit lyk of God selde haastig is oor enigiets en ons is gewoonlik haastig oor alles. Ons menslike natuur is om haastig en ongeduldig te wees. Ons is nie tevrede om te weet dat God ‘n weg sal oopmaak nie; ons wil weet wanneer Hy ‘n weg sal oopmaak.
Die Skrif belowe ons dat God op die vasgestelde tyd sal doen wat gedoen moet word, maar wanneer is die vasgestelde tyd? Dit is die tyd wat God bepaal die regte tyd is en Hy laat ons selde weet hoe lank dit sal wees. Ons kan egter verseker wees dat dit nie langer sal wees as wat ons kan verduur nie. Ons Here weet wat ons nodig het, en Hy weet presies wanneer ons dit nodig het. Hy is nooit laat nie – Hy beweeg altyd op die presiese perfekte tyd.
Vandag se Gedagte
God was reeds daar waarheen ons op pad is en Hy weet reeds presies wat gaan gebeur.
Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Psalm 102:13; Handelinge 17:26