Tevrede om nie te Weet nie

Tevrede om nie te Weet nie

Want ek het besluit om as ek by julle is, net op Jesus Christus te konsentreer en veral op sy kruisdood. (1 Korintiërs 2:2)

As ons geen onbeantwoorde vrae in ons lewens het nie, dan is daar geen behoefte aan geloof nie. Ons kan sê dat geloof dikwels die plek van antwoorde inneem. As ons wys is, sal ons soek om die Woord te ken, God te ken en Sy wil te ken in plaas daarvan om eindeloos te soek na al die antwoorde rakende ons alledaagse omstandighede.

Wanneer mense vra wat ons gaan doen wanneer ons ‘n probleem teëkom, kan ons eenvoudig sê: ”Ek weet nog nie.” Sê vir mense dat jy oor alles bid en dat jy in jou hart verseker is dat God jou op die regte tyd rigting sal gee. Jy het dalk nie al die antwoorde nie, maar vergeet nooit: Jy het ‘n hegte, persoonlike verhouding met die Een wat dit het!


Vandag se gedagte

Daar is sekere dinge in ons wandel met God wat net met die hart verstaan kan word, nie met die verstand nie.

Delf dieper in God se Woord: Bestudeer 1 Korintiërs 8:2; Filippense 3:8

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon