Wanneer God se Passie Jou Passie word

As jy kos gee vir dié wat honger is en hulle help wat verdruk word, sal jou lig skyn in die donkerte en jou nag sal word soos helder dag. (Jesaja 58:10)

God is passievol daaroor om mense te help wat seerkry en in nood is. Hoe nader jy aan God kom en hoe meer jou liefde vir Hom groei, hoe meer vasbeslote raak jy om elke dag op ‘n manier te leef wat iemand anders se lewe beter sal maak. God se passie word jou passie.

Om mense te help behoort ‘n topprioriteit van die Christelike lewe te wees. Jesus het altyd rondgegaan en goed gedoen (sien Handelinge 10:38). As jy verder as jou eie situasie reik en Christus se liefde aan ander bring, sal jou vrede en vreugde toeneem, sodat die stryd wat jy ervaar lyk asof dit verdwyn. Jy sal die ongelooflike bevrediging ervaar om ‘n verskil te maak waar dit tel.


Vandag se Gedagte

Selfsugtige mense is nooit gelukkige mense nie, dus raak besig om ander te help, en jou vreugde sal toeneem.

Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Jakobus 1:27; Romeine 12:10

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon