Sy Woord Woon in Jou

As julle aan My verbind bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry. (Johannes 15:7)

Om in God se Woord te bly beteken om daarin te lewe, te woon en te bly. Hou dit in die middel van jou hart en laat dit jou gids deur die lewe wees. Ek glo vas dat ons elke antwoord wat ons nodig het vir die lewe in God se Woord vind.

God is nie iemand wat ons vir een uur op ‘n Sondagoggend besoek nie, maar Hy is ons lewe. Ons het Hom nodig elke oomblik van elke dag. Jesus is die Woord, dus wanneer ons in die Woord bly, bly ons in Hom.
Om in die Woord te bly en die Woord toe te laat om in jou te bly, voeg krag by jou lewe. Dit voeg krag by in gebed, mag oor die vyand en krag om aan te hou druk na die wil van God vir jou lewe.

Neem vandag ‘n besluit om God se Woord te begin bestudeer. As jy elke dag ‘n bietjie tyd afstaan, sal jy kort voor lank vind dat jy baie dinge geleer het wat jou in jou daaglikse lewe help.


Vandag se Gedagte

Moenie probeer om tyd saam met God in jou skedule in te werk nie, maar werk jou skedule om Hom en dinge sal baie beter gaan.

Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Matteus 4:4; Johannes 8:31-32

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon