Om vry te wees! – dit is waarvoor Christus ons vrygemaak het! Maak seker dat julle vry bly, en moet nie weer onder ’n slawejuk vasgebind word nie. (Galasiërs 5:1)
Om iets verstandelik te ken en dit uit ervaring te ken, is twee heeltemal verskillende dinge. Ons sê dikwels dat hartskennis baie dieper is as kopkennis. Geloof bou in ons harte soos ons dit beoefen, nie net wanneer ons daaroor dink nie.
Elke struikelblok wat jy met God se hulp konfronteer, word vir jou ‘n klein oorwinning en dit berei jou voor om die volgende een te trotseer.
Wanneer jy ook al ‘n uitdaging voltooi of ‘n vyand oorkom, sal jy jou nuwe vryheid soveel geniet dat jy binnekort totaal onwillig sal wees om op enige ander manier te lewe. Jy sal binnekort vasbeslote wees dat jou dae van huiwering en tou opgooi verby is. Dit beteken nie dat jy nie probleme sal ondervind nie, maar dit beteken wel dat jy meer en meer vasbeslote sal wees om God te vertrou en die stryd te wen.
Vandag se Gedagte
Om vorige oorwinnings te onthou, sal jou help om nuwe uitdagings met selfvertroue die hoof te bied.
Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Psalm 119:45; 1 Korintiërs 15:57