Geloof bo Vrees

Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen. (Filippense 4:6)

Vrees en angs is vyande wat ons dikwels in die gesig staar. As daar ‘n area van jou lewe is waarvoor jy bang is, gee daardie vrees aan God en ontvang Sy genade om jou in staat te stel om geloof in daardie area te hê.

Byvoorbeeld, as jy graag vir ‘n pos wil aansoek doen, wat ‘n bevordering in jou maatskappy sal wees, maar jy het te bang gevoel om dit te doen, neem die stap en probeer dit. Selfs al kry jy nie die posisie nie, was jy suksesvol om in geloof uit te stap en dit is die belangrikste ding.

In jou stiltetyd met God, bestudeer en peins oor Sy Woord oor vry wees van vrees en veilig in Hom. Sy Woord sal jou gedagtes vernuwe en vrees sal na geloof en moed verander. Neem die stappe van moed wat God jou lei om te neem al voel jy dalk nog ‘n mate van vrees en soos jy vorentoe gaan sal jy meer en meer vryheid begin aanvoel.


Vandag se Gedagte

Met God se hulp kan jy vrees en angs een tree op ’n slag oorwin. Neem vandag ‘n stap.

Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Jeremia 1:8; Psalm 56:11

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon