Vertrou jou lewe toe aan die Here. Vertrou Hom, en Hy sal vir jou sorg. (Psalm 37:5)
Jy kan jou lewe vereenvoudig deur te leer om vertroue in God te ontwikkel. Te dikwels leef ons nie in vrede en rus nie omdat ons onsself nie toegelaat het om Hom te vertrou nie.
Miskien is jou vertroue te veel keer in die verlede deur mense verraai en dit het jou bang gemaak om enigiemand te vertrou, of dalk is jy net ‘n baie onafhanklike persoon. Tog is dit van kritieke belang om te leer om God te vertrou.
Dit is maklik om gespanne of fisies uitgeput te raak, om die lewe op jou eie te probeer hanteer, maar daar is ‘n beter manier. Jesus het gesê dat as diegene wat arbei en swaar belas is na Hom toe sou kom, Hy hulle rus sou gee en hulle siele sou verlig en verkwik (sien Matteus 11:28).
God se weë is die beste!
Vandag se Gedagte
Selfs wanneer dit nie sin maak nie, vertrou God en ervaar Sy vryheid en rus.
Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Matteus 6:25-26; Spreuke 16:9