Wanneer God Stil Lyk

Deursoek my, o God, en ken my hart; toets my en ken my onrustige gemoed. Kyk of daar enige sondige neiging by my is, en lei my op die ewige pad. (Psalm 139:23-24)

Dawid het God soms gevra om hom te ondersoek om te sien of daar iets in sy hart is wat nie reg is nie. Dit is ‘n dapper stap, maar een wat duidelik bewys of ‘n persoon werklik God se wil wil hê, maak nie saak wat dit mag wees nie.

Wanneer dit lyk of God stil is, is dit moontlik dat daar iets is wat ons verhinder om Hom te hoor – ‘n sonde, ‘n verkeerde gesindheid of ‘n misverstand oor hoe om van God te hoor.

Ons hoef nie bang te wees om die waarheid te ken nie, want dit sal ons vrymaak. Vra Hom, in jou stiltetyd met God, om jou hart te ondersoek, net soos Dawid gedoen het. Wat God ook al vir jou wys, sal tot jou voordeel wees en sal jou help om voortdurend nader aan Hom te kom.


Vandag se Gedagte

‘n Gesonde, hegte verhouding met God vereis dat ons Hom vra om die waarheid aan ons te openbaar en ‘n gewilligheid om te verander wanneer Hy dit van ons vra.

Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Johannes 8:47; Jeremia 33:3

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon