
Gee al julle bekommernisse aan God oor, want Hy gee vir julle om. – 1 Petrus 5:7
Jy kan oor alles bid en sonder bekommernis leef. Wanneer jy jou bekommer, sê dit jy dink jy kan jou eie probleme beter oplos as wat God dit kan doen. Maar jy is nie gemaak om jou probleme in eie krag op te los nie. God het jou geskep om afhanklik te wees van Hom; bring dus die uitdagings in jou lewe na Hom en laat Hom toe om jou daarmee te help.
Kan jy jou die lewe voorstel sonder kommer? Waarom begin jy nie vandag ’n kommervrye lewe nie? Vra die Here om jou te wys elke keer as jy bekommernisse op jou neem in plaas van om dit aan Hom oor te gee. Wanneer Hy jou bewus maak daarvan, wees bereid om dit onmiddellik oor te gee aan Hom – jy sal die lewe soveel meer geniet. Ná ’n ruk sal jy dit inderdaad moeilik vind om jou te bekommer! Dit sal jou net nie meer pas nie.
Kraggedagte
Ek kan my bekommernisse aan God oorgee, want Hy gee vir my om.