Ek is en ek kan

En ons weet dat God alles ten goede laat saamwerk vir hulle wat Hom liefhet, hulle wat geroep is volgens sy doel vir hulle lewe. – Romeine 8:28

Jy moet ’n ‘Ek is’ en ’n ‘Ek kan’ gesindheid hê. Vul jou gedagtes en jou woorde daagliks met die volgende be­lydenisse, en dan sal jy meer vreugde in jou lewe inbring!

• Ek is ’n nuwe mens in Christus (2 Kor. 5:17).
• Ek kan in vrede en voorspoed leef (Jes. 26:3).
• Ek is gewillig om te luister, nie te gou te praat nie en nie te gou kwaad te word nie (Jak.1:19).
• Ek kan alles doen deur Christus se krag (Fil. 4:13).
• Ek is ’n oorwinnaar in Christus (Rom. 8:37).
• Ek kan verstaan danksy Christus (1 Kor. 2:16).
• Ek is dood vir die sonde en lewe vir God (Rom. 6:11).
• Ek oorwin die kwaad met die goeie (Rom. 12:21).


Kraggedagte

My verstand en mond dink en praat soos God, om sy doel vir my lewe te bereik.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon