’n Plek van vrede

Ek sal in vrede gaan lê en slaap, want U alleen, o Here, laat my veilig woon. – PsaLm 4:9

ekommernis is soos om in ’n wiegstoel te sit en vorentoe en agtertoe te wieg; ons is altyd in bewe­ ging en dit hou ons besig, maar ons kom nêrens nie. Om die waarheid te sê, as ons vir te lank daarmee aanhou, put dit ons uit!

Om God te vertrou laat ons toe om in sy rus in te gaan – ’n plek van vrede waar ons die lewe kan geniet terwyl ons vir Hom wag om ons probleme op te los. Hy gee om vir ons; Hy sal ons probleme oplos en in ons behoeftes voorsien, maar ons moet ophou om daaroor te dink en ons daaroor te bekommer.

Ek besef dit is makliker gesê as gedaan, maar daar is geen beter tyd as nou om te leer om op ’n nuwe manier te leef nie: sonder bekommernis, angstigheid of vrees.


Kraggedagte

Ek is sonder bekommernis en redenasies; ek rus in die Here.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon