Ware liefde – die energie van die lewe!

Ware liefde – die energie van die lewe!

“Dis tog juis deur Hóm dat ons leef, beweeg en bestaan.” —Handelinge 17:28 NLV

Liefde is die energie van die lewe. Dit is wat mense motiveer om elke dag op te staan en aan te gaan. Dit gee die lewe ‘n doel en betekenis.

Mense het baie keer tye in hul lewens wat hulle glo hulle is óf ongeliefd of het niemand om lief te hê nie. Hulle ontwikkel hierdie ingesteldheid omdat hulle vervulling soek in maniere wat goed lyk aan die begin, maar dit los hulle altyd gefrustreerd, teleurgesteld en leeg binne.

Gebeur dit ooit met jou? Soek jy ooit vir liefde en dan op die ou einde voel jy onvervuld? Laat ek jou dít vra: Watter tipe liefde streef jy na?

Jy mag dalk dink jy soek vir liefde, maar in werklikheid soek jy vir God, want Hy is liefde. Enige liefde wat jy gaan kry wat afgesluit is van God, is nie werklik liefde nie en gaan jou onvervuld laat.

Die Bybel sê dat dit deur Hom is dat ons leef, beweeg en bestaan. Dit sê vir my dat sonder Hom, is die lewe nie volmaak nie.

Almal soek vir liefde, maar soek jy God se liefde?

Dit is die enigste liefde wat saak maak, die enigste liefde wat hou, en die enigste liefde wat vervul.


Gebedsbeginpunt

Here, ek wil nie my lewe sonder vervulling spandeer deur ‘n liefde te soek wat nie van U af is nie. As dit nie in U gevind word nie, is dit nie regte liefde nie, want U is liefde. Vandag vind ek my liefde in U.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon