Oorvloedig en baie meer

Hy moet geprys word – Hy wat mag het om deur die krag wat in ons werk, oneindig meer te doen as wat ons vra of dink om te vra. – Efesiërs 3:20

God doen nooit skaars genoeg nie; Hy doen altyd meer as genoeg. Hy is oorvloedig in liefdevolle bedagsaamheid, genade en vergifnis. Jesus het gekom sodat ons mag lewe en oorvloed kan hê (sien Johannes 10:10). Hy is waarlik ’n God van oorvloed.

Hy is in staat om oorvloedig te gee en baie meer te doen as wat ons ooit kan waag om te hoop, vra of dink. In sy wysheid gee God ons dalk nie alles wat ons wil hê nie, maar Hy sien altyd na ons om. Moenie Hom minderwaardig ag of minder verwag as wat Hy begeer om te gee nie. Sien Hom aan vir wie Hy is, getuig van sy oorvloedige aard en moenie verras wees as Hy jou verwagtings oortref nie.


Kraggedagte

God oortref altyd my verwagtings.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon