
Ek het regtig geleer om onder alle omstandighede reg te kom. Ek weet wat dit is om boomskraap te lewe, en ek weet wat dit is om oorvloed te hê. Ek het lewenservaring opgedoen vir alle omstandighede, vir wanneer ek genoeg het om te eet én wanneer ek honger is, vir oorvloed én tekort. – Filippense 4:11–12
Toe Paulus gesê het hy het geleer om hom ‘in alle omstandighede te behelp’ (1983-vertaling) – met ander woorde om tevrede te wees en reg te kom – het hy eintlik gesê dat hy op God vertrou selfs wanneer hy nie baie hou van die omstandighede waarin hy hom bevind nie. Sy vertroue sorg dat hy tevrede is met die situasie. Wanneer ons ingestel is op die Here, is ons tevrede
en rustig.
Om op God te vertrou in moeilike tye en te weier om te kla, is om Hom te verheerlik. Dit het geen waarde om te sê ons vertrou God wanneer alles goed gaan, maar wanneer beproewings oor ons pad kom, kan ons nie met opregtheid sê: ‘Ek vertrou U, Here’ nie.
Deur dankbaarheid en opregte dank, kan jy ’n einde maak aan jou ontevredenheid.
Kraggedagte
Ek is in alle omstandighede tevrede omdat ek op God vertrou.