Ons hoef nie vir ons foute te betaal nie

My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle sodat julle nie moet sonde doen nie. As iemand egter sonde doen, ons het ’n Helper by die Vader wat ons saak stel, Jesus Christus, die regverdige. – 1 Johannes 2:1

Natuurlik moet ons doel wees om nie te sondig nie. Maar as ons wel sondig, het God reeds voorsie­ning gemaak dat Jesus – wat volmaak is – ons plek inneem as versoening vir ons sondes.

Ons voel dalk dat ons God se vergifnis verdien deur skuldig te voel. Maar dit is ons vleeslike manier om te ‘betaal’ vir ons sondes. Jesus het nie vir ons gesterf sodat ons skuldig moet voel nie; Hy het vir ons gesterf sodat ons ’n innige verhouding met God kan hê. Hy het gesterf sodat ons sondes vergewe kan word en sodat ons geregverdig voor God kan staan. Hy wil hê ons moet met vrymoedigheid die genadetroon in gebed nader sodat ons behoeftes vervul kan word.


Kraggedagte

Jesus het vir my sondes gesterf sodat ek nie vir hulle hoef te sterf nie.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon