’n Gelukkige toekoms

Moenie ondeurdag optree nie, maar probeer uitvind wat God se wil is. – Efesiërs 5:17

Dit is God se wil vir ons om geestelik te groei en vol­wasse te word. Dit is God se wil vir ons om goeie verhoudings te hê. Dit is God se wil vir ons om ’n goeie lewe te hê.

As jou verlede negatief is, is dit omdat die vyand probeer inmeng het en dit reggekry het. Dit maak nie saak wat jy deurgemaak het of wat jy miskien op die oomblik deurmaak nie, jy kan positief wees oor die toekoms. Dink positief daaroor, praat positief daaroor.

Dit is ’n slegte gesindheid om te sê: ‘Ek dink ek sal net nog meer kry van wat ek altyd gehad het.’ Ek moedig jou aan om ’n positiewe visie vir jou toekoms te hê. God sê wanneer mense nie duidelikheid het oor die wil van God nie en dus nie ’n visie het nie, verloor hulle koers (sien Spreuke 29:18). Dit maak nie saak wat in die verlede gebeur het nie, en dit maak nie saak wat nou aan die gang is nie, jy kan glo dat iets groots in jou toekoms kan gebeur.


Kraggedagte

Iets groots gaan vandag met my gebeur.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon