Die mense wat deur hulle sondige natuur gedomineer word – hulle gedagtes word oorheers deur sondige dinge. Maar dié wat deur die Gees beheer word – hulle gedagtes is vol van die dinge wat die Gees gelukkig maak. – Romeine 8:5
As jy volgens jou sondige natuur leef, beteken dit jou gedagtes is besig met sondige dinge. As jy in die Gees leef, beteken dit jou gedagtes is besig met geestelike dinge.
Stel jou ’n vragmotor vol beton voor. Die beton gaan uiteindelik die vorm aanneem van die vorm waarin dit gegiet word – ’n oprit, ’n patio, ’n stutmuur, ’n pad of ’n fondament. Die beton kan net vorm aanneem as daar ’n vorm beskikbaar is. Jou gedagtes is soos daardie vorm vir die beton. Jou gedagtes skep ’n vorm waarin God sy krag kan giet om sodoende iets met jou lewe te doen. As jy ’n kragtige lewe wil leef, kies om jou gedagtes ingestel te hou op dinge wat in ooreenstemming is met God se wil sodat Hy saam met jou kan werk aan jou doelwitte.
Kraggedagte
My gedagtes is ingestel op geestelike dinge.