Laat mense weet dat hulle baie waardevol is

Laat mense weet dat hulle baie waardevol is

“Selfs al sou my pa en ma my verlaat, die Here sal my styf vashou.” Psalms 27:10 NLV

Ek het in my lewe al agtergekom dat baie mense wat ons ontmoet of in kontak meek om in ons alledaagse lewens, het nie ‘n besef van hul waardevolheid as kinders van God nie. Ek dink die vyand werk baie hard om seker te maak mense voel waardeloos, maar ons kan die effek van sy leuens en aanklag neutraliseer deur op te bou, te stig en mense te bemoedig.

Een manier om dit te doen is met ‘n opregte kompliment, een van die mees waardevolste dinge in die wêreld. Om ‘n opregte kompliment te gee klink dalk soos ‘n klein ding, maar dit gee ongelooflike krag vir mense wat onwaardig voel of asof hulle nie baie beteken nie.

Ek glo daarin om doelwitte te hê en soos wat ek met die Here gewerk het om goeie gewoontes te kweek in die area om ander te bemoedig, het ek myself uitgedaag om ten minste drie mense elke dag te komplimenteer. Ek raai jou aan om ook iets te doen om seker te maak dat jy ‘n aggressiewe bemoediger is.

Die Bybel sê dat God dié wat verlate voel aanneem as Sy kinders. Kom ons vind mense en streef daarna om hulle op te bou, dat hulle waardevol voel. Kom ons laat weet hulle dat God hulle lief het.

Gebedsbeginpunt:

Heilige Gees, wys my die mense wat weet dat God hulle lief het soos Sy eie kinders. Bring mense oor my pad sodat ek hulle kan bemoedig en hulle waardevol laat voel.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon