God is ons bron, nie die wêreld nie

God is ons bron, nie die wêreld nie

“God wat saad voorsien aan die saaier en dan brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat toeneem en die vrugte van julle goedhartigheid lieflik laat groei.” —2 Korintiërs 9:10 NLV

God se finansiële sisteem is nie soos die wêreld s’n nie. En maak nie saak wat rondom ons gebeur nie, ons hoef nie bang te wees nie want God het ons lief.

Terwyl die wêreld se finansiële sisteme baie keer onstabiel is, verander God se liefde nooit nie en dit bly ons soliede fondasie in die lewe. Ons kan volle vertroue hê dat watookal gebeur, God wil ons help en Hy sal uit Sy pad uit gaan om selfs in ons eenvoudige, alledaagse behoeftes te voorsien.

2 Korintiërs 9:10 beklemtoon die feit dat God in ons behoeftes sal voorsien en vir ons brood sal gee om te eet.

God is die Een wat in ons behoeftes voorsien. Ons werke is nie ons bron nie – God is. So wanneer werk of beleggings verdwyn, hoef ons nie hopeloos te voel nie want God het geen perke nie. Hy kan vir ons voorsien op enige manier, selfs manière waaraan ons nooit eens sou kon dink of uitwerk voor die tyd nie.

Matteus 6:26 verseker ons dat as God na die voëls kyk, kan ons glo dat Hy vir ons ook sal voorsien. Glo jy dat God na jou kan kyk?


Gebedsbeginpunt

God, dankie dat U ‘n getroue bron is en voorsien in alles wat ek nodig het. Maak nie saak wat gebeur nie, ek steun op U en net op U om in al my behoeftes te voorsien.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon