Vertrou op God

Vertrou op God

“Ek sê: Laat julle leefstyl eerder deur die Gees bepaal word. Dan sal julle glad nie aan die begeertes van julle sondige geaardheid toegee nie.” Galasiërs 5:16 NLV

Ek glo elke keer wat ons frustrasie beleef, is wanneer ons ophou vertrou het op God. Dit klink dalk na ‘n dapper stelling, maar dink gou daaroor: God het vir my en jou Sy Heilige Gees gegee en Sy genade om ons te help om deur enigiets te stap wat op ons pad kom.

Frustrasie slaan ons wanneer ons ophou om op God te vertrou en ons probeer om iets te laat gebeur op ons eie manier.

Toe ek hiérdie konsep verstaan, het dit my regtig baie gehelp. Elke keer as ek gefrustreerd geraak het, het ek myself herinner daaraan dat ek besig was om die Heilige Gees se plek in te neem. Ek het probeer om Heilige Gees Junior te wees!

Sukkel jy met ‘n onafhanklike gees? As jy weier om op God te vertrou sê jy eintlik: “Goed Here, ek waardeer dat U hier is, maar kyk hoe doen ek dit!”. Om op God te vertrou vir alles in ons lewens mag dalk moeilik wees, maar dit is die sleutel tot oorwinning vir ons daaglikse lewens.

Toe God ons gered het, het Hy nie gesê dat ons nou sommer op ons eie self moet aangaan nie. Hy het ons in ewigheid gered, dus as ons op Hom vertrou, sal Hy ons lei en help.

Galasiërs 5:16 moedig ons aan om in die gees te leef en dan nie aan die dinge van die vlees toe te gee nie. Let wel dat dit nerens sê dat ons self die vlees moet oorwin nie, maar wel dat ons in die gees moet leef.

Kies om op te hou om onafhanklik van God te leef en vertrou eerder op die Heilige Gees. Ek belowe jou jy sal nie spyt wees nie!


Gebedsbeginpunt

God, U is al wat ek nodig het. Help my om nie in myself te vertrou nie, maar om eerder al my vertroue in U te plaas.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon